Ek vra dat onse Webvoete spesiaal hierdie video vir jou sal nestel:
Ek's deel van ’n generasie wat elke dag hieroor wonder.
Wyl ander knussies behae geskep het in hul vergange Christelike Nasionale sosiale aanvaarbaarheid het ek met my vlaggie langs Sy Edele Doktor Andries Treurnicht gelamenteer oor dit wat kom.
Ek onthou ook toe ek in PW en Seuns gebloei het en die bombardier wyl ek op aandag bewe vir my vra waarvoor ek die liefste in die lewe is.
My pa, ma, boeties en sussie het wel ’n bietjie saak gemaak, maar as 18-jarige seuntjie antwoord ek toe "my duiwe, oom".
Sonder sweem het hy my geskud met "die kommuniste gaan al jou fokken duiwe slag"!
Op die ry af dieselfde vraag aan my kameraad Bobby antwoord hy (soos sekerlik soos Bobby vandag nog sou), "die Here bombardier".
"Die kommuniste gaan jou fokken Here verban roof" snou die bombardier genadeloos aarde toe vir Bobby (ook so tipies steeds KdK se "braakland breek" mentaliteit).
In ’n finale slag oor wat vir hom die belangrikste is en ons almal toe in die hel dompel antwoord my kameraad Fred Hemmings (in ’n opregte poging om sy Ingelse manier te handhaaf), "you, my good sir".
Ek dink almal lieg wat vertel hulle wil daardie "goeie dae" terughê.
Kyk ek na die gesiggies wat so graag Afrikaner wil wees hierbo dan bid ek vir ’n oplossing.
Ek dink egter nie daar is ’n prys te betaal of iets te bewys vir dit wat jou geboortereg is nie.
Ek voel daar moet meer as vrees en sterk probeer wees net om ’n Afrikaner te wil wees.
Die waan dat die Afrikaner God se Volk in stede van die Jode is darem al so in ’n mate uitgedien.
As ons klaar gebloei het land ons dalk as kosjer op Anglo en Amerika borde (dit wil seg as die Sjinese ons nie klaar gevries en geboks het nie).
Nietemin Jan, ek deel jou besorgdheid en verlange.
Afrikaliefde,
Cornelius

