In ’n respons op ’n vorige skrywe van my maak Thys Human die volgende aantygings:
- Hy trek in twyfel dat AfriForum enige samewerkingsooreenkoms met sleutel Afrikaner-organisasies het.
- Dat die ATKV nie meer as Afrikanerorganisasie aangesien kan word nie, weens die feit dat die nou ’n bruinman as voorsitter het. Onder ander beweer hy daar word by hulle onderling gekonkel!
- Dat AfriForum nie noemenswaardige Afrikanersteun geniet nie.
- Dat nieteenstaande die VVK se godsdienstige verkrompenheid, is hulle eerder sy tipe mense.
- Dat die kanton-kwessie deur die VVK ondersoek word (en wees verseker, dit is net daar waar hulle gaan vashaak en nie verder vorder nie weens hulle onoorbrugbare onderlinge kleinlike geskille).
Wel. Elkeen is geregtig om ’n gek van homself te maak. Die dat die term gekkegrensers juis is.
As gevolg van Solidariteit / AfriForum se inisiatiwiteit sowat ’n jaar gelede, is die volgende samewerkende organisasies onder die Taalraad se sambreel saamgesnoer, onder andere die Orania-beweging:
Medewerkers
- AfriForum
- Afrikaans Ekspo
- Afrikaanse Taalmonument, Paarl
- Afrikaanse Taalmuseum, Paarl
- Afrikanerbond
- Afrinetwerk
- ATKV
- Dameskring
- Die Breytenbachsentrum
- Die Meertaligheidsaksiegroep (i-MAG)
- Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
- FAK
- Festival voor Afrikaans in Amsterdam 2011
- Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans
- Huis vir Afrikaanse poësie (hAp)
- Orania Beweging
- SA Onderwysersunie
- Solidariteit
- Solidariteit Radio
- Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
- Vereniging van Regslui vir Afrikaans
- Vriende van Afrikaans
- Woordeboek van die Afrikaanse Taal
- Woordpoort
AfriForum is gedurig in die nuus. Die ander “out of sight, out of mind”:
- AfriForum in die nuus op 11 Oktober 2012 - 11 Oct 2012
- AfriForum in die nuus op 26 September 2012 - 26 Sep 2012
- AfriForum in die nuus op 25 September 2012 - 25 Sep 2012
- AfriForum in die nuus op 24 September 2012 - 24 Sep 2012
(Bron – AfriForum-webblad).
Hulle is besig met die oprigting van eie Afrikaanse skole en kolleges. Het selfs hulle eie radiostasie. Hulle wen die een hofsaak op die ander tot die ANC se verleentheid. Thys. Hoe vergelyk dit met jou "eie mense?" Gaan jy vir ons 'n feitlike uiteensetting gee? Terloops. Hoe word die Afrikanerboere in 'n kantonbestel betrek?
Thys. Ek kom met FEITE vorendag. Jy kom voor met AANTYGINGS. Nou wie dink jy gaan die leser glo?
Jaco Fourie


Kommentaar
Dag Jaco,
bly om te sien jy het belangstellings wat nie noodwendig leer-bra's en boeie behels nie.
Ding is, die Afrikaner het nie grond nie, nie ’n land nie. Dit is weens die De Klerk katastrofe, voordat jy nie weer grond het nie sal jy nooit weer ’n volk wees nie. Die Jode het daardeur gegaan vir amper 2 000 jaar, die Afrikaner sal nie kan nie.
Maar streef voort, dalk kom daar ’n oplossing, dus ’n geleentheid om ’n geveg te begin en te wen, saam met die internasionale "support" soekery. Bly net weg van die VVO, hulle word daagliks meer en meer ’n Westers-bevondse Moslem organisasie.
Of "cut the crap" en emigreer man.
Duitswester
Beste Duitswester
Dankie vir jou respons. Verduidelik aan my hoekom ’n grondgebied ’n voorvereiste vir ’n volk se bestaansreg is. Tweedens, in ’n S.A. konteks, waar stel jy voor moet sodanige grondgebied wees, en indien wel uitgeken, hoe gaan jy die meerderheid nie-Afrikaners uitboender. Derdens. Indien wel reggekry, hoe gaan jy die meerderheid Afrikaners oorreed om te ontwortel waar hulle hulself tans bevind, vir ’n nuwe heenkome in onsekerheid in ’n tuisland. Vierdens. Nieteenstaande die "crap" in hierdie land, is ek heel gelukkig hier en sien geen nodigheid om te wil verkas nie, en wees verseker, ek het die finansiële vermoë om dit wel te kan doen, was dit my begeerte.
Maar jy het mos verkas het jy nie? Is jy werklik gelukkig in jou "vreedsaamheid" waar jy is? Ek het twyfel. Die feit dat jy hier op SêNet deelneem is bewys jy hunker na jou eie mense.
Jaco Fourie
Jaco, jy maak vyf stellings hierbo oor wat ek dan sou gesê het – net een daarvan is feitelik en waar, nl die een dat die VVK ondanks hulle godsdienstige bekrompenheid, steeds eerder my mense is as julle sg. Nuwe Afrikaners.
Die een oor die ATKV is net ’n bietjie waar: Ek het wel ernstige bedenkinge dat ’n Kaapse soos Danny Titus (uitgespeek taaitus) hoof van die ATKV se kultuuraksies kan wees. Geen Kaapse – wit of bruin – kan die kultuur, die geskiedenis, die aard en inslag van die Afrikaner verstaan nie. Die verkiesing van die ATKV se hoofbestuur – selfs van baie takke se afgevaardigdes na die jaarkongres – word so bekook en georganiseer dat dit nie snaaks is nie. Ek het dit self aan my bas ervaar.
Afriforum het gewis heelwat steun onder Afrikaanssprekendes – selfs mense wat ek as Afrikaners beskou. Maar ek dink hulle verstaan dalk nie mooi wat Afriforum wil of waarheen hy op pad is nie. Hulle kan dalk nog ’n groot skok kry. Terloops, jy noem ’n hele rits organisasies as lid van ’n Taalraad? Maar het hulle lidmaatskap daar ingehou dat hulle nou volledig onder Afriforum se sambreel is, Afriforum – en by name Flip Buys, Kallie Kriel en Willie Smit – heelhartig ondersteun? Ek dink beslis nie so nie. Jy mislei mense gruwelik deur hierdie organisasies so te plak as Afriforum-ondersteuners.
Die VKK is nie die eintlik ondersoekers na ’n kantonstelsel nie. Hulle was nie eens deel van die vergadering in September verlede jaar waar die konsep verder geneem is met die stigting van ’n organisasie om in terme van bestaande wetgewing sekere groepsregte op te eis nie. Maar hulle beywer hulle minstens vir ’n gebied of gebiede waar die Afrikaner groter – verkieslik volle – seggenskap oor sy eie sake kan uitoefen. Sommige mense praat nog van ’n "volkstaat" maar die konsep word al taamlik lank as onprakties en nie-realisties nie beskou. Jy is bietjie agter die tyd oor hedendaagse denke.
Jy is ten volle geregtig om enige siening of feit wat ek stel, te kritiseer, maar jy sal nie daarmee wegkom om dinge aan my toe te skryf wat nie so is nie en my dan daaroor te kapittel. Dit is agterbaks en oneerlik.