Afrikaner-foefies

  • 3

Leonie
 
Wat is vir jou belangriker?  Afrikaner-foefies van die verlede, en verewig daaroor te top, OF ‘n gesamentlik aanslag deur die breër Afrikanerdom (FW ingesluit) teenoor die inheemse Afrikaner-vyand, by name die ANC, in Afrikanerbelang?  Indien jy vir my ‘n beter bewese alternatiewe samewerkende sambreel as die Afrikaner Burgerlike Netwerk, met meer geldmag, ‘n Solidariteit-inisiatief, met Flip Buys as  uitvoerende hoof van sodanige Netwerk, kan uitwys, sal ek belangstel. 
 
Vir die eerste keer sedert 1994 is die Afrikaner besig om skerp naels en tande te bekom, by wyse van selfbemagtiging. Word deel daarvan of bly maar in sak en as langs die riviere van Babilon, tesame met die steriele gekkegrens “infighting” tipe politiek, en oor die verwoeste verlede bly ween!  Ek gaan dit beslis nie doen nie.
 
(Die lys van lede van sodanige Netwerk sal jy in my brief “Afrikaner Selfbemagtiging” kry.  Bykomstig sal jy Radio Pretoria ook binnekort kry deur AfriForum se prokureur, Willie Spies as huidige uitvoerende hoof daarvan).
 
Jou eerste vraag: “Wat is jou mening rondom die samewerkingooreenkoms tussen Solidariteit en FW de Klerk?”  Hierdie vraag is in my eerste paragraaf, dws geldmag en Afrikaner-samewerking, beantwoord. My teenvraag aan jou is:  “Wat is jou mening oor die huwelike tussen die ANC en die VF+, met Mulder as deel van die ANC-regering, in jou taal, ‘n huwelik tussen Afrikaner en volksvreemde?”  En as jy my nie behoorlik kan beantwoord nie, word jou volgende vraag irrelevant, nl: “Hoe sien jy dit dat Solidariteit sy mense aanmoedig om vir die DA te stem in die vorige verkiesing?”  Sou jy ANC deur middel van die VF+ gestem het?  Ek het beslis nie!
 
Die wonder van Afrikaner-inklusiwiteit in teenstelling met Afrikaner-eksklusiwiteit, is dat met inklusiwiteit is daar ruimte vir almal, vanaf ver-links tot ver-regs, van blank, bruin tot nieblank, onder die breër Afrikaner-sambreel.  Binne hierdie inklusiwiteit is daar ruimte vir ander sieninge en groeperinge (gays ook).  Linkses en regses kan elk hulle eie dinge afsonderlik onder sodanige sambreel verrig.  Alle volke het ver-regse en ver-linkse vleuels, met ‘n konserwatiewe middelgrond meerderheid.  Hoekom moet die Afrikaner anders wees by wyse van eksklusiwiteit?  Binne hierdie inklusiwiteit kan volkstaters hulle eie heil met volkstaat of kantons probeer uitwerk.  Bruines hulle kultuur nastreef, wat deur seker blankes neerhalend as “Kaaps” getipeer word.
 
“Die FAK-sangbundel wat voorheen deur Afrikaner-digters en bekende musici, wat die lirieke getoonset het nou "nuwe" liedere wat nie volkseie is geïnfiltreer word juis om as gevolg van die infiltrasie van dialektiese Afrikaanssprekendes moontlik gemaak is”.
 
Met die ou sangbundel is ek seker jy het nie deurgaans van al die liedere gehou nie. Ek het nie. Onder hulle het jy voorkeur, onbelangstelling en afkeur ondervind.  Noudat ruimte vir ander ook gemaak word, maak jy beswaar.  Dis eenvoudig. Soos in die verlede, ignoreer wat jy nie van hou nie, maar vergun ander om wel van sodanige liedere te hou wat nie in jou smaak val nie.  Die NG-kerk het ook besware ondervind toe Halleluja-liedere bygevoeg was.  Jy kan nooit almal tevrede stel nie.
 
“Die ATKV wat nou deur ’n dialek van Afrikaans ingedring is, en by implikasie oorgeneem is”. (bewys laasgenoemde onwaar stelling met feite!).
 
Was dit nie vir die ATKV nie, het ons nie plesieroorde soos Hartenbos; Illovu0strand, ens gehad nie.  Ek was al met hoogseisoen by albei.  Oorwegend blank, met ‘n Afrikaner-geur soos min.  Musiekfeeste deur hulle geborg.  Magtig vrou.  Neem dit weg en watter plesier het jy oor vir die Afrikaner?  Die gekkegrens het nie soortgelyke alternatiewe nie!
 
Soos voorheen gesê.  Jy kan deelneem met daders van die woord (soos AfriForum), of soos ‘n verregse-suurknol net sanik oor die “ongeregtighede” wat ander aan die Afrikaner gedoen het, en soos die liberals sanik oor die ongeregtighede wat die Afrikaner aan ander ook gedoen het.
 
My sig is op Afrikaner toekoms, en ek sien daardie toekoms rooskleurig vir die Afrikaner.

Jaco Fourie

 

  • 3

Kommentaar

  • Thys Human (PTA)

    Nog eens bewys dat jy nie ’n Afrikaner is nie, nie weet wat een is nie, maar probeer om die term te steel vir eie gewin – soos jou vriende by Soliforum maak – en net soos die ATKV maak om mense met voorkeurlidmaatskap by sy oorde lok en dan vir politieke doeleindes misbruik as aanhangers van hulle vermengingsbeleid en versmeltingsoogmerke.

    Julle gaan nie wen nie, want julle is nie Afrikaners nie – en julle is skelm, agterbaks en oneerlik.

  • Thys

    Jou gor is uit. 

    Kan nie meer feitlik redeneer nie, en nou wend jy jou tot beledigende retoriek om jou onvermoë te verbloem. Ou Judge Dredd het dieselfde met my probeer. Probeer om selfs weer terug te kom, presies na ’n jaar, en met een klein klappie van my is hy nou weer in nimmerland seker tot volgende jaar wanneer hy hopelik weer sy bewussyn herwin. 

    Toemaar.  Ek sien dit gaan met jou ook gebeur. Jy sal agterkom dat die gehalte redenasie hier op SêNet van ’n baie hoër gehalte is as dié van Praag se "menings" wat ook in jou trant, nie weet hoe om te redeneer nie, behalwe met beledigings rondswaai.

    Gelukkig is jy deel van die MINISKULE-gekkegrens-minderheid van Afrikanerdom wat absoluut geen impak, positief of negatief op die Afrikaner kan vermag nie, die dat Praag se rubriek-trefslae so drasties die afgelope jaar afgeneem het as bewys van afgeneemde belangstelling. Inteendeel, ek vermoed helfte van sodanige trefsae is te wyte aan mense soos ek wat hulself net op hoogte wil hou wat in die Afrikaner-politiek aangaan.

    Jaco Fourie

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top