Afrikaanse meisies
As daar meer Afrikaanse meisies in die wêreld kon wees
Sou minder kla oor vleis wat op kole gaargemaak word
en om onder die sterre te slaap en deur muskiete geknaag te word
Dink net hoeveel vellies sou die winkels verkoop
Minder sou huil oor opgeswelde voete oordat hulle hakke gedra het
En in ruil vir 'n shopping mall sou die wingerde meer populêr geraak het
En om nie eers oor pap te praat nie
Special K sou ou nuus gewees het
en mieliepap sou weer in gewees het
Die punt wat hier gemaak word
Afrikaanse meisies maak die wêreld 'n beter plek
en dus is Suid-Afrika perfek
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


