Afrikaanse e-boeke

  • 0

Deon Serfontein vra oor Afrikaanse e-boeke vir sy Kindle. Maggie verwys hom na Kalahari, maar Kalahari se e-boeke kan definitief nie op die Kindle afgelaai en gelees word nie.

Daar was onlangs ’n groot palawa daaroor, op die Lekkerlees Boekrak Facebook-blad, asook op Marita van der Vyver se Facebook-blad. Riana Barnard van Tafelberg het namens ’n klomp van ons lesers met Kalahari in gesprek getree, en laat weet dat dit inderdaad nie moontlik is nie.

Marita van der Vyver bevestig dit ook op haar page.

Daar is wel ’n klompie Afrikaanse boeke op Amazon beskikbaar, gaan net na die Kindle Store en gebruik die soekterm “Afrikaans”, of “fiksie”. Daar is ook ’n paar by Boekemakranka, uitgewers van e-boeke, beskikbaar.

Boekgroete,

Trisa Hugo

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top