Afrikaans in die Parke – Jan Rap

  • 0

Ek het so ’n paar maande gelede geskryf oor my trippie na meer as 30 jaar in Oos Tvl en die Kruger Wildtuin. En genoem hoe frustrerend dit was om by al die bekende watervalle en natuurtonele in Oos Tvl te kom waarby mens destyds net by gestop het en die infrastruktuur reeds uitgelê was, uitgeklim, geloop en gekyk het, en deesdae staan daar ’n nuwe Suid-Afrikaner en hy soek geld voor jy kan verder gaan, en dit wissel van R5 per voertuig tot R10 per persoon, afhangende van hoe jy hom opvryf. (R10 per persoon spesifiek by die Lone Creek-waterval, waar ek omgedraai het sonder om te betaal of te kyk, voeg ek nou by.)

En toe sien ek later dat die ou wie se briewe ek nie op LitNet lees nie, maar sy opskrif het my laat kyk, reageer het op my skrywe en blatant geskryf het dat ek lieg oor die situasie.

Ek het dadelik teruggeskryf: Hy moet in sy bliksem in vlieg want ek lieg nie en hy het absoluut niks vir my te sê. Dit was in die tyd van “slegs 10 briewe per dag plaas” en miskien daarom is my reaksie nie geplaas nie. Maar dit was frustrerend dat iemand jou kan slegsê en jy word nie die geleentheid gegun om jouself te verdedig nie, so hy moet steeds vlieg.

Oor Afrikaans in die Parke; natuurlik het ek in die Kruger Wildtuin aangekom wetende van hoe dinge 30 jaar gelede in die wildtuin was, en was ontnugter om te sien dat ek maar lekker naïef is; hoekom het ek verwag dinge sou daar dieselfde gebly het.

Pieter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top