Jaco se skrywe verwys, en ek haal aan: "Ek leef in die hede, nie die verlede nie. Ek leef in ’n multikulturele staat ..."
Die EU is ook ’n multikulti-staat. Een geldeenheid, die Euro, maak dit egter nie ’n sterk nasie nie. Europa kort een taal voordat dit soos een nasie sterk kan staan in krisis.
Die VSA is ’n multikulti-staat, wel groot en sterk met een taal.
Suid-Afrika is nes die VSA ook ’n verenigde state.
SA moet eintlik heet VSSA: die Verenigde State van Suid-Afrika, want dit is.
SA het die grondstowwe, tegniese kundigheid en atoombomtegnologie om ’n ook ’n supermag te word, net soos, of nog sterker as Basilie, Rusland, Indië en Sjina, oftewel BRICS-lande met groter bevolkings.
Staatsleiers soos Nelson Mandela moes in die toekoms ook leef, bedoelende vooruit beplan. Om Suid-Afrikaners saam te snoer in ’n soewereine supermag wat globaal kan meeding en krisisse kan oorkom, is een nasionale hooftaal ononderhandelbaar. Mnr Mandela moes ’n taal kies.
Die ANC se staatkundiges kon kies tussen of Afrikaans of Engels as nasionale taal, want beide was op wetenskaplik-universitêre vlak in Suid-Afrika.
Geen multikulti-staat kan sterk staan sonder een taal nie, maar die ANC het vir Suid-Afrika die fataal verkeerde taalkeuse uitgeoefen, en so die grootste superstaatgeleentheid in ’n duisend jaar heeltemal gemis.
Mens kan nou skryf wit nasiebouers, Engelse en Afrikaanse Suid-Afrikaners, was net so dommer as gronddom deur nie die supermagtige toringstaat van ’n Afrika-Babel in Afrikaans raak te sien nie. Dit is so, wit intellektueles, uitgesluit Dan Roodt, was staatkundig net so dom, maar wittes was nie aan bewind nie, en is dus nie verantwoordelik nie.
Die ANC-staatsleiers se eenvoudig verkeerde taalkeuse vir Suid-Afrika is ekonomies, polities en staatkundig-kultureel gesien onvergeeflik. ’n Globale soewereine supermag en langdurige plaaslike superstaat is daarmee totaal onnodig verspeel.
Dit is die waarheid.
Ran Doodt

