"Afrikaans" deur Floris Brown

  • 0

Afrikaans

O, Afrikaans
ek het jou so lief
Baie wil jou dood hê
Ek voel so gegrief

O, Afrikaans
Moertaal van my ma
Baie wil jou wegvee
maar ek sal jou dra

REFREIN:
O, Afrikaan
sing ’n lied wat ons almal verstaan
O, Afrikaan
sing ’n lied in jou moedertaal, Afrikaans
Sing ’n lied in jou moedertaal, Afrikaans

O, Afrikaans
my taal so trots
Ons wat verstaan
sal vir ewig by jou staan

REFREIN

O, Afrikaans
ek het jou so lief
Baie wil jou dood hê
Ek voel so gegrief

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top