Afrikaans

  • 1

Foto: Canva

Afrikaans

Jy’s dooddollies
fynpikkewyn
njannies

sonder
fiemies
en fieterjasies

jy’s gesiggie
kappertjie
katjiepiering

tinktinkie
toktokkie
tarentaal

jy lê
slaphakskeen
by ouma onder
haar kombers

ek het jou
onvertaalbaar lief

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top