Afrikaans

  • 0

Afrikaans

Foto: Canva

Edelsteen 
Aktivis of kerrievis
Albei gan saam my

Ek’s kleurling ...
En ’n leerling
Vannie rebirth of the new earth

Die godmother van Afrikaans
Die baastaal
Geraasmaaktaal
Die uiters belangrike taal

Gan jy my nou kô haal?
Ek veg vir ôs taal se eiendomsreg
Dis ôs daaglikse brood
Innie tyd van nood of dood

Ôs Godgegewe taal
Wie de hel waag ommit weg te haal?

Net God alleen kan die taal ontneem ...

Maar tot dan ... sal ôs
Met alles wat in ôs is 
Alles doen in ôse taal, Afrikaans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top