Ek is 'n Jong Vrou met 'n Liefde vir Tale, hulle noem my dié Linguist.
Om die visionêr van so ʼn beweging te wees, kan nogal uitputtend wees, want jy moet aldag Afrikaans dink, praat, asemhaal in die taal om nie jou voorvaders in die rug te steek nie! Ek het ʼn liefde vir tale dis in my Bloedlyn soos Ek altyd vir mense sê… 'n "Campher" kan speel met woorde, my familie bestaan uit legendes wat kan toor met woorde, my Oorlede Pa was my Mentor. Hy't die taal en literatuur vas gehamer in beide my gedagtes en my Hart. Hy kon binne 10 minute vinnig ʼn gedig kook, ek het daardie van hom gekry… die Outoriteit om met woorde te toor in ons eie unieke manier sonder ʼn diploma in tale, al wat ons kort is pen en papier, dan word ek sommer jou beste vriend… Ek skryf nou al vir meer as 7 jaar gedigte, Kortverhale, sowel as ook dramas as ek die tyd het maar meer gefokus op my digkuns en Kortverhale. Ek sien myself as die jonger weergawe van Antjie Krog, my Inspirasie… Daardie vrou is nou ʼn Afrikaanse Towenaar vir jou…
My slagspreuk is Afrikaans is Baas Vra Jou MA
Hierdie woorde het by my opgekom elke keer wanneer mense se dis jou moedertaal en ek speel toe rond… Tot ek opeindig met VRA JOU MA…
Ek noem myself die "Godmother van Afrikaans" en vir die Engelse gedeelte "Queen of Literature". Nie om in die spotlight te wees nie maar bloot oor my liefde vir Afrikaans, en ʼn Aktivis vir my taal.