Afrika-spyskaart

  • 0

Die hele perdevleisstorie ruk nou handuit
en elke donkie vlug op 'n bootjie landuit
Ek hoor nou dat buffalo wings hoender bevat
en is vreeslik bang om Mrs Ball’s se inhoud te skat

En kan jy jou indink wat sit hul in 'n bunny chow
en al die lekker vleisies op jou sosatie by elke skou
Hoe klink heerlike monkey gland sous vir jou
oerwoude kort heel waarskynlik apies nou

Watter boer se buurman is fyngemaal in jou boerewors
en waar is 'n kudde herderloos onder jou herderspasteikors
Eet jy lekker aan jou hotdog met tamatiesous
paddaboudjies, soja en sebra? Jy is geflous

Ons almal dink ons eet net wat ons wil
maar dis heel moontlik ook dalk krokodil
Alles op jou inkopielys het sy unieke prys
maar weet jy waarna elke beskrywing verwys?

Die groot sappige bloubul steak as jy braai
is moontlik die olifant wat kort of miskien kraai
Laat die gedagte aan wat jy eet nou jou maag draai
eet op al jou lekker kossies en moet liewers nie verder raai

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top