"Afrika In My" deur WJ van den Heever

  • 0

Afrika In My

Ek lees weer die voorbladnuus
My kop en my moed sak gelyk
Ek probeer verby die slegte nuus te lees
En dan lees ek eerder net die strokiesprent

REFREIN:
Jy het jou foute, maar so het ons almal
Jy bly mooi, mooier as mooi, my land
Van die koue blou Weskus-see tot die droë Karoo-sand
Jy bly mooi, immer mooi
Jou sonsopkoms altyd rooi

Ons het ons dwase, maar so ook die helde
Wie sê in elk geval ons is reg?
Party wil trek en sê dit raak nou sleg
Maar wie is jy om op te hou veg?
Ek sê ek sal bly om ? verskil te maak
Want ek is nie in Afrika nie, Afrika is in my

Ons sal altyd die negatiewe sien
Ons sal altyd die fout uitruik
en die positiewe miskyk
Is dit my probleem?
Kyk ek te veel weg en draai ek te veel die ander wang?
Dalk moet jy dit ook probeer
Net nog een laaste keer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top