Verdere vrae aan Wouter
Ongeag hoe jy rondskarrel, en verwoed wikipedia en ander media aanhaal, kan jy jouself net nie so ver bring om jou EIE opsomming vir ons te verskaf nie ... maw, wat DINK jy wat het waar verkeerd geloop min die bakermat nie, of hoe?
Ek raai dat as jy dit moet doen, sal dit seker te veel klink asof jy dalk verkeerd was in jou wille aannames, en daarvoor sien jy nognie kans nie?
Wel, jy was totaal verkeerd, reg van die begin af ... en ek was reg ... feite.
Jy sien, die een enkele dingetjie wat die Martin Wolfs nie kan inreken nie, is wat ons losweg kan beskryf as die wonnerwerk!
Ja, dit laat mens wonner, hierie wonnerwerke wat so knaend gebeur, so het ek jare terug al hieride voorspel terwyl jy nog tot onlangs toe in gloeiende termes van bewondering die Weste beskryf het, maar die enigste vraag is egter PERTINENT.
Gebeur al hierdie dinge OMDAT ek so seg ... of ... gebeur hulle omdat ek dit voorsien het?
Dis selfs nog ’n meer interresante vragie vir jou om te oorpeins, Wouter.
Ek meen, nie lank nadat mensies hier bv NZ in gloeiende termes beskryf het, en terselftertyd SA afgebreek het, het iemand, IEMAND, NZ aan die kraag gegryp en baie goed geskud ... ditto OZ.
So het ek bv jare terug geseg dat die Ozzie lugredery Quantas is hondkak tot die ontwaardiging van mense hier, maar kyk na die gebeure onlangs.
Daar is ander voorbeelde ook, die punt is egter eenvoudig, GLO wat jy wil, maar hou jou smoel van SA en Afrika af ... want Afrika is die bakermat van die beskawing, PUNT!
En ek laat eenvoudig nie toe dat ENIGIEMAND met haar mors nie ... en ja, jy kan dit opvat presies soos jy wil.
Francois Williams

