Kobus
Niks wat jy antwoord op my tirade is van toepassing op my gesin nie. Nie een iota nie. Ek het nooit my seuns (het net seuns) opgepiep nie. As jy my ken in de lewe sal jy weet dat dit nog nooit vir my oor geld gegaan het iewers op hierdie aarde nie. Ek is ‘n geld-ongeletterde mens – eintlik grens my geld en finans-vernuf aan vertraag.
My seuns is hulle eie mense, ek voel gekoester deur die spul mans in my huis. Wat bedoel jy met dit gebeur met alle seuns? Is dit nie nou baie outmodies nie. Ons lewe mos nie meer in ‘n tyd waar nonne en broederbonders alles bepaal het nie. My kinders sal nooit iemand boelie nie, dis nie in ons geaardheid nie. My ma lewe nog. Hemel, al jou opvattinge is so verskriklik verkeerd, ek moet glimlag. Ons kom uit die dorre Boesma’land, waar my ma se mense dorper-skaapboere was. My kinders het daardie soort van staal in hulle en ook durf en murg in hulle pype. Waarom moet ‘n kind deur ‘n boeliestorie gaan? Ek verstaan nie die konsep nie – om te wil slaan kan mens hulle mos na karate of boks toe vat? Watter soort kinders is dit wat so-iets doen? Terloops, my kinders is nie geboelie as ‘n reël nie. Dit was ‘n eenmalige gebeurtenis. Ek dink diegene wat dit elke dag moet verduur, is baie erger af.
Ek is jammer, maar die jammerste is ek dat jy my beskuldig van ‘n geldstuipe. Dit was maar net om ‘n konsekwensie te probeer uitdruk van ‘n dag toe ‘n bitter klein seuntjie deur ‘n ander kind geslaan is. ‘n Kind wat sy standerd hoeveel kere gedruip het en sowat 2 jaar ouer was as myne.
Ek staan by wat ek in hierdie saak glo. Die wêreld het aangegaan. Dis nie meer die gemeenskap se kinders nie, dis MY kinders. En, my kind is nou al 27 – so ma-op-piepery is nie ter sprake nie, was nog nooit nie - hulle sal dit nie van my toelaat of vat nie.
Ek verstaan nie dat jy net kan dink dis maar hoe dit moet wees nie. Dis ‘n moderne tyd – dinge verander. Wanneer ek kleinkinders begin kry, DAN sal ek wel oppiep, ek dink dit hoort so vir oumas en oupas.
Groete
Rietha


Kommentaar
Rietha
Indien jy onse Kobus se menigte ander briewe (snert) al gelees het, sal jy mos agterkom hy se vir almal hy is 'n "ware" Christen wat met God se gees vervul is en dat hy met die gesag van "Spirituele Intellegensie" praat (sy eie uitlatings). Om hom enigsins tee te staan, loop jy die gevaar dat hy jou vir 'n afvallige Christen uitskel, miskien selfs iets ergers.
Terloops. Jou brief was heel interessant en sinvol.
Jaco Fourie
Ek het gehoop jy sal eers afkoel voordat jy my antwoord, Rietha - ek het dan mooi gevra.
Ek wil mos nie met jou baklei oor jou eie seun, nie?
Maar ek het vir jou slegte nuus - die indruk wat jy in die publiek skep is, eerstens, dat dit vir jou oor die geld gaan. Dit is geld hier, onkoste daar R45,000--00 hier te hoog en daar te laag. Dus, al is jy, soos jy self sê finans-vernuf-vertraag, het dit blykbaar nie 'n invloed op die feit dat dit die belangrikste element van jou openbare tirade is, nie, soveel so dat jou seuntjie 'n kliënt en nie 'n skolier is, nie en dan boonop word dit veronderstel die grootste rede te wees waarom skole voor stok gekry moet word oor die boelies wat hulle 'huisves'... of so is die indruk wat jy skep.
Dan, tweedens, kan algar mos sien wat jy geskrywe het. Ek is nou wel nie jy nie, maar as man, kan ek vir jou sê, en ook toe ek op universiteit was, as my moeder so in die openbaar tekere gegaan het oor iemand my op laerskool bloedbek gegee het (maar stilbly oor die bloedbekke wat ek ook al uitgedeel het) en so tekere gaan om haar bloedjie te beskerm, sou ek nie weeet waar om my kop in skaamte en verleentheid in te druk, nie.
Laastens, alles wat ek in my brief genoem het is van toepassing - dit is direk afgelei en die gevolge van wat jy self geskrywe het in jou vorige brief - jy leef net, tot verleentheid van jou seun, in ontkenning. Jy skep die indruk jy's 'n rokspant mammie. Jy vertel weer van jou seun se taai spiere - maar jou optrede veronderstel baba-emosionele spiertjies by hom en ek is baie seker hy sal dit nie so wil hê nie want dit is darem seker nie hoe dit met hom is, nie? Of hoe? Is dit vir hom steeds nodig dat mammie hom so beskerm?
As jy dan jou opmerksaamheid bietjie inskep, sal jy ook tot jou ontsteltenis bemerk dat sekere dinge omtrent menswees nie verander nie - al leef ons in moderne tye. Hoe oud is jy dan? Dink jy wrintie dinge het soveel verander sedert jou seun op laerskool was? Verstaan jy nie die rubriek oor afknouery wat jy self gelees het en agterna 'n drifbui oor die internet daaroor afgestuur het, nie? Nee wat, ongelukkig is die werklikheid dat die euwel van afknouery
Jou visioene van skoolraad en skoolhoofde in geregshowe waar jy hulle wil sien oor hulle kwansuis aanspreeklik gehou moet word vir die skoolseun gevegte van viriele skoolseuns sal ook vir jou in fiasko uitloop - wanneer jy as ouer die skool- en skoolraad se hofkoste moet betaal agterna omdat seuntjie ook maar sy vuisies gelig het, en dus net so aandadig is, hoewel hy kortgekom het - soos ek sê - dit is 'n wederkerige storie, die skoolboksery wat soms hande kan uitruk. Bowendien is ek nie bewus van 'n enkele skool waar soiets toegelaat word of aangemoedig word, nie - maar tog gebeur dit.
Ek dink ons almal moet liewer baie meer bekommerd raak oor die tipe geweld by skole waar kinders onderwysers en mede-skolier aanval met gevaarlike wapens met die doel om hulle lewe te neem... en dan eerder die probleem gaan aanspreek waar die probleem sy ontstaan het - al te dikwels in die ouerhuis en nie by die skool, nie.
Wat ek dus vir jou sê, is dat ek meen jou tirade is verdwaald en misplaas - spandeer daardie energie om abnormale geweld met sielkundige onderbou eerder te identifiseer en te behandel en nie om in te meng met gewone ontwikkelingstadia waardeur seuns maar vir heugenis al, deur gaan, nie. Lyk my jy het nie eens geweet daarvan, nie - wat net vir jou wys hoe dikwleks dit gebeur, maar ouers, veral mammies, nie eens daarvan te wete kom nie, want daar is geen bloed wat dit weggee, nie. Jy moet dus maar op hoogte kom met die werklikhede. 'n Seun wat seunskind is, sal eenvoudig nie by die huis agter mammie se rokspantjies kom inwurm, nie, maar dit self uitsorteer. Jy weet van jou seun se een petalje, omdat die bloed behoorlik gevloei het.
En wat Jaco'tjie se nuttelose kritiek hierbo aanbetref.... glo my, as jy bietjie oplees oor hom... sal een ding seker wees... jy sal waarskynlik 'n ineenstorting kry as jou seun soos hy word en in sy voetspore sou volg...
En, wat op deeske aardbodem het nonne en broederbonders te make met die gespreksonderwerp?! Jy is kennelik nie een van die twee nie, en jou 'pragtige kind' het desnieteenstaande betrokke geraak. Dalk wil jy liefs konsentreer op die onderwerp en nie so afleibaar wees, nie?
Sterkte vir jou, intussen.
Kobus de Klerk
Beste Rietha,
Daar het jy dit!
Nes ek elders in my kommentaar dit aan jou gedeel het; 'n mens kan op enige stadium van jou lewe paaie kruis met 'n minderwaardige wat ander boelie om so desperaat te poog hul eie swak selfbeeld te oorkom.
Self is ek al verby die halfeeu merk - 'n ou bok.
'n Ernstige voorbode weereens is Kobus de Klerk se geneigdheid om enigeen wat hom nie eer nie se geliefdes te beledig.
Dis gruwelik hoe die lafhartige Kobus de Klerk jou seun in sy woernaal hierbo probeer neerhaal.
In jou eerste bydrae het die ou grote dit aan jou gehuigel dat hy ook glo as kind afgeknou was maar dat sy ouers dit toegelaat het sodat hy vandag die taaie en berugte boelie hier kan wees.
Die waarheid is natuurlik dat onse Kobus de Klerk die pastorieseun van 'n NG prediker in die ou Christelike Nasionale era was - die kroon van die Afrikaner se orde destyds.
Wie sou ooit 'n NG prediker se kinders aanraak (of was onse Kobus die enigste "ware gelowige" in 'n Al Qaeda opvoeding instansie)?
As witbroodjie in die ou orde kon die godsdiensboef nooit behoorlik aanpas by die samelewing nie en het 'n regter uiteindelik die berugte Jakobus de Klerk vir sy geldgierigheid van die rol vir eerbare prokureurs geskraap.
Daarteen trek Kobus als hier skeef en vind hy my gedurig skuldig in sy kammahof aan misdade gegrond op sy eie bevooroordeelde veronderstellinge.
Ja, die gunsteling wat bo alle twyfel voorgetrek was in die ou Christelike Nasionale orde kon nie genoeg kry nie en het homself uit ander se naïwiteit probeer verryk.
Geregtigheid?
Ongelukkig nie dat 'n regter se beslissing enigsins 'n Kobus de Klerk sal kan stop nie - nee, die ou grote teer waarskynlik nou veel winsgewender op weerloses as ooit voorheen; vandag as ware Christengelowige (mam)pararegskundige en kamstige haagprediker.
Rietha, ek kon ongelukkig nie op die kant sit en kyk hoe die duiwelbesete boef jou seun beledig sonder om te vertel van wie dit kom nie.
Namaste!
Cornelius
Arme Kerneels. Lyk my hy kry baie swaar, Rietha. Haat vernietig mos 'n mens stadigaan van binne af... nes kanker doen.
Ek dink jy verstaan miskien beter wat ek wil sê, as arme Kerneels.
Kobus de Klerk
Beste Rietha
'n Goeie begrip het net 'n halwe woord nodig.Almal het presies verstaan wat jy probeer sê het oor jou seun en boelies,maar Kobus kom soos gewoonlik en dissekteer jou brief met 'n skalpel.In sy hoedanigheid as selfaangestelde sedebewaker en opvoeder op die LitNet-werf,vind hy dit sy Christelike plig om jou soos 'n gek te verkleineer.
Dis ongelukkig die trant van sy geaardheid en niks wat jy sê,sal hom ooit op sy plek sit nie.Moenie eers jou asem ophou nie.Hy kies juis so 'n uitgangspunt,omdat hyself 'n lansie wil breek vir medeboelies.
Groetnis
Perdebytjie.
Dit is maar julle drie, Jaco, Kerneels en Perdebytjie, wat die onbeheerste emosionaliteit van julle eie subjektiwiteit en vooroordeel in die pad laat staan van objektiewe hantering van 'n baie netelige kwessie, Soos gewoonlik, sal julle onbeheerste emosionele bevooroordeelde kommentaar wat met die gespreksonderwerp niks te make het, nie, niks bydra tot die ontrafeling van die probleem wat in die eerste plek gestel is, nie, maar net dien om julle eie emosies te lug, hoe irrelevant dit nou ookal is.
Ek dink Rietha is in staat om meer volwasse na die kommentaar wat ek lewer te kyk, as julle, want julle is bevooroordeeld teenoor my omdat ek 'n Christen is en julle algar is agnostici.
Waarom is julle so? Wat het die inhoud van julle kommentare hoegenaamd te make met die gespreksonderwerp? Want na alles, is dit duidelik, soos ek van die begin af gesê het, dat Rietha goed bedoel en haar seun se beste belange op die hart het, maar omdat sy so persoonlik en subjektief betrokke is, is dit dikwels moeilik om objektiewe besluite te neem in sulke omstandighede. Na my mening is haar huidige, hoewel goed bedoelde, koers, 'n totale oorreaksie en die enigste uitwerking daarvan waarskynlik dat dit haar seun in verleentheid sal stel. Sy moet dus haar taktiek en benadering aanpas om effektief te kan wees - meer objektiewe benadering. My kommentaar voorsien daardie objektiewe benadering en dit is baie duidelik vir almal (wat nie 'n verskuilde persoonlike emosionele agenda het nie) dat dit so is. Wat ek doen, is om haar daarop te wys dat sy eerder haar eie emosionele standpunt moet laat temper vanuit die oogpunt van haar seun, wat eintlik die werklike direkte lydende party is, en omdat hy 'n volbloed mansmens is, die saak anders sal sien en benader as sy, want hy sal nie gemaklik wees om agter haar rokspant beskerm te wil word, nie - om sodoende 'n meer objektiewe meer werkbare resultaat te verkry..
En dan wys ek natuurlik vir haar uit dat irrelevante aanmerkings soos die verwysing na sulke dinge soos nonne en die broederbond werklik niks met die kwessie te make het, nie. Sy bedoel dit beledigend teenoor nonne en broerderbonders - nou wonder 'n mens, watter baat sou sy, byvoorbeeld, daarby vind, in die poging om 'n oplossing van haar seun en ander lydende partye soos hy, se probleem te vind, om nonne te wil beledig?
Kom nou, gee die gesprek 'n kans om sinvol te ontwikkel, as dit nie alreeds te laat is, nie. Gewoonlik as die ou koortjie waarvan julle die hoof lede is, betrokke raak, is dit die einde van enige sinvolle gesprek weens die oormaat sinnelose, emosionele uitbarstings wat vorendag kom, veral Kerneels s'n. Tja, julle laat my onwillekeurig dink aan die weenvroue uit Zorba die Griek!
Terloops, waar op aarde kom jy daaraan dat ek 'n 'pastorieseun' is, Kerneels? Wat is dan nou weer aan die gang met jou? Toemaar, ons weet reeds, want ons sien dit so baie by jou - jy dink dinge uit en verkondig dit dan as feit. Jy hoef dus nie te antwoord nie. Tensy jy natuurlik bewyse het! Maar niemand van ons sal asem ophou daarvoor nie.
Toe nou, julle drie. Om weer op te som - ons ander sien baie maklik deur julle werklike motiewe - nie om Rietha kamstig te 'beskerm' nie, maar julle misbruik gewoon haar situasie om maar net aan julle eie opgekropte emosionele woelinge uiting te gee. Hou asseblief by die gespreksonderwerp, en as julle weens julle oordonderende emosionaliteit en vooroordeel nie kan nie, is dit mos beter om stil te bly, nie waar, nie?
Kobus de Klerk
Kobus
Ek sien sedert Naomie se aanmaning aan ons almal, jou skrywe meer matig aangepas is. Doe so voort. Dit gee 'n heel meer aangename beeld van jou.
Jaco Fourie.
Kobus
Omdat "ons drie" agnostici is,kanselleer dit volgens jou ons opinies heeltemal uit.Dit sit ons twintig jaar terug in SA, toe dit nog 'n vreeslike ding was om agnosties te wees.Ons is nie melaats nie en het ook 'n vrye sê,al verskil dit van joune.Ek dink dis dik vir 'n daalder en uiters verwaand van jou.
Daar is geen verskuilde motief agter my opmerking by bg brief nie en juis vanweë vorige ervarings in "debatte" met jou,het ek gevoel ek moet vir Rietha opkom.
Ek volstaan hiermee,aangesien Naomi die spyker op die kop geslaan het oor persoonlike aanvalle.
Ek is steeds wie ek is, Jaco, en was nog nooit wat julle bevooroordeelde outjies van my probeer maak, nie.
So, vergeet maar van my 'beeld' en let op jou eie...
Kobus de Klerk
Hahaha... siestog, die werf se boelie word toe soos enige lafhartige afknouer bang en pleit onskuld... hahaha... en ou Kobus, wat het jy nou weer verkondig oor jou pa se beroep?... ek meen - ek kon dalk 'n fout gemaak het, of so iets...
Waarvan praat jy, Kerneels? Wie pleit onskuld? Onskuld op wat? Ek, die werf se boelie, Kerneels? As jy nie opgewasse is nie, en teenstand as boelie beskou, moet jy vir jou liefs skaars hou hier. Jou reaksie is werklik baie onvolwasse.
Kom Cornelius - alweer die pastorieseun storie. Almal het werklik genoeg gehad van die stories wat jy versin en as waarheid verkondig - skaars 'n dag gelede het jy elders ewe driftig bevestig dat alles wat jy op die forum 'deel' wat jou betref (nogal veelseggend) die waarheid is... Dus, waar het ek te kenne gegee dat ek 'n pastorieseun is of my vader 'n predikant? Wys dit uit, of neem verantwoordelikheid vir nog 'n leuen van jou af, wat jy vryelik as waarheid verkondig, ten minste totdat jy daarmee gekonfronteer word en meer dikwels selfs daarna.
Perdebytjie,
Watter 'opinie' van jou, verdedig jy? Ek sien net pogings tot verdagmakery en neerhalende verwysing na my Christelikheid. Dus, hoe hou dit verband met die gespreksonderwerp wat Rietha geopper het?
Sien julle nou waarvan ek praat? Waaroor ek waarsku? Julle tussenkoms het die hele gesprek gekelder. Watter negatiwiteit kom daar nie uit julle uit julle betrokkenheid, nie. Dit is so jammer
Kobus de Klerk
Baie goeie beskrywing van jouself hierbo, Kerneels, behalwe vir so 'n paar kwaliteite wat genoem word, wat arme jy ook selfs nie oor beskik, nie. Besef jy dat die goed wat jy aanhaal, presies op jou van toepassing, is? Dis asof jy voor die spieël sit en skrywe.
As jy nie iets sinvol en konstruktief kan bydra nie, waarom bly jy dan nie maar uit die gesprek, nie?
Kobus de Klerk
Lyk my ek is in die hoek oor die arme ou Kobus se vader... ja, wat kon my begeef het om te dink die proselietemaker was 'n pastoriekind?