Afbeeld

  • 0

Terwyl die mis
van gebakende gevalle
helde se profetiese as
uit die hemel daarbo
op die aarde hieronder
tot in die waters
onder die aarde
oor ons sif
probeer ons wis
hoe om hierdie nis
vir ‘n
argeologies leë toekoms
se serebellum
te graveer.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top