
Fakulteit Opvoedkunde
Departement Kurrikulumstudie
Senior Lektoraat / Lektoraat: Afrikaans Huistaalonderrig
Verw. OPV01/152/0624
Sluit aan by ’n doelgerigte departement en vind geleentheid deur jou leierskap om die Fakulteit en jou beroep tot nuwe hoogtes te bring. Die Departement Kurrikulumstudie ondersteun innoverende, praktykgerigte navorsing en bied geleenthede vir internasionale samewerking.
Pligte
Die ampsdraer sal verantwoordelik wees vir:
- Die onderrig van Afrikaans Huistaalonderrig (spesialisasie in letterkunde) aan voor- en nagraadse studente met laer- en hoërskoolfokus
- Navorsing in Afrikaans Huistaalonderrig en verwante vakgebiede
- Die publikasie van navorsing in hoogstaande akademiese en geakkreditreerde vaktydskrifte
- Studieleiding van nagraadse studente in Afrikaans Huistaalonderrig en verwante vakgebiede
- Deelname aan maatskaplike-impakprojekte in Afrikaans Huistaalonderrig en die lewer van toepaslike dienste aan die Universiteit en die onderriggemeenskap
- Bydrae tot akademiese administrasie en leierskap in die vakgebied, Departement en Fakulteit.
Vereistes
- ’n Toepaslike Suid-Afrikaanse onderwyskwalifikasie vir die onderrig van Afrikaans
- Afrikaanse letterkunde of Toegepaste Afrikaanse Taalkunde tot op derdejaar-universiteitsvlak, of gelykwaardige kwalifikasie
- Uitstekende mondelinge en skriftelike taalvaardigheid in Afrikaans
- Toepaslike onderrigervaring
- Kennis van Afrikaans-onderrig in die intermediêre, senior en VOO-fase binne die raamwerk van die KABV-kurrikulum
- Toepaslike skoolonderrigervaring
- Die vermoë om in Afrikaans klas te gee en te assesseer
- ’n Basiese kennis van ’n tweede amptelike Suid-Afrikaanse taal.
Senior Lektoraat:
’n Toepaslike PhD met Afrikaanse letterkunde en/of (Toegepaste) taalkunde as kernvakgebied. Onderrigervaring van Afrikaans in hoëronderwys-verband. Ervaring van nagraadse studieleiding of as medestudieleier van nagraadse studente in taalonderrig. Navorsing en publikasie in gekose areas van spesialisasiegebiede en toepaslike publikasies in geakkrediteerde vaktydskrifte.
Lektoraat:
’n Toepaslike meestersgraad met Afrikaanse letterkunde of (Toegepaste) taalkunde as kernvakgebied. Goedgekeurde publikasieskedule. Bewese navorsingsvermoë en publikasie in geakkrediteerde vaktydskrifte. Die vermoë om as studieleier of medestudieleier vir nagraadse studente op te tree.
Aanbevelings
- ’n PhD of bewyse van registrasie of voorstel vir PhD (indien nog nie in besit van PhD) vir ’n lektoraatvlakpos
- Ervaring in en kennis van Toegepaste Taalkunde of Toegepaste Afrikaanse Taalstudies
- Diepgaande belangstelling in en kennis van huidige Suid-Afrikaanse onderwysbeleide
- Ervaring in en/of kennis van tegnologiegesteunde taalonderrig en ’n basiese begrip van ’n tweede addisionele amptelike Suid-Afrikaanse taal.
Diensaanvaardingsdatum
1 Januarie 2025 (Dui asseblief aan vir watter pos u aansoek doen)
Sluitingsdatum
22 Julie 2024
Inligting
Navrae rakende die posinhoud: Prof. Michele van der Merwe by 021 808 2396, of by lva@sun.ac.za
Navrae oor vergoeding/voordele asook tegniese ondersteuning met die elektroniese aansoekproses: Menslike Hulpbronne-kliëntedienssentrum by 021 808 2753, of by sun-e-hr@sun.ac.za.
Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot diensbillikheid (DB), en aanstellings sal ooreenkomstig die DB-plan vir die betrokke omgewing sowel as die Universiteit se institusionele DB-plan gedoen word.
Die Universiteit Stellenbosch behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
U aansoek moet vergesel wees van ’n volledige curriculum vitae (insluitend die name en e-posadresse van ten minste drie referente), en moet die Universiteit voor of op die sluitingsdatum van die advertensie bereik.
DOEN AANLYN AANSOEK BY https://www.sun.ac.za/afrikaans/loopbane DEUR OP DIE APPLY NOW-SKAKEL REGS BO-AAN DIE BLAD VAN DIE SPESIFIEKE VAKATURE TE KLIEK.
Die Universiteit behou die reg voor om kwalifikasies na te gaan en agtergrondinligting oor alle kandidate in te win.
Indien u nie binne vier tot ses weke na die sluitingsdatum vir aansoeke van die Universiteit verneem nie, neem asseblief aan dat u aansoek onsuksesvol was.

