Adam Tas by die Boer Restaurant Teater in Durbanville

  • 0

Datum: 25-28 Maart om 20:30
Kaartjies: R110
Bespreek: 021 979 1911/ 083 406 0111 of direk aanlyn by www.dieboer.com 

Die dubbel platinum skrywer en sanger Adam Tas bring nog ‘n meesterstuk album "Want jy is Boer" na vore. Die stories van ‘n land en sy mense was lanklaas so mooi verwoord en getoonset, ‘n album soos net Adam Tas met sy ryke stem kan doen. 15 Nuwe snitte op die album sal mense wat die musiek kom luister bekoor. Die Boer teater kan uitsien na n spesiaal saamgestelde vertoning van Adam asook Lourens Delport op die baskitaar en "backing vocals" wat van die nuwe werke  soos  Reën, Die karkas van haar Valentine, Want jy is Boer en vele meer sal opvoer. Ook sal hulle verwerkings doen van die groot Afrikaanse treffers vanaf Adam Tas se vorige albums. Kom luister na die storieverteller uit die Bosveld en maak jou tuis onder die woorde van sy asem.

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top