Adam Small is Woensdag 75 en leef voort

  • 0

Lank gelede het die Sunday Times Extra – wat vir bruin lesers in die Weskaap bedoel was - ’n rubriek getiteld With tears in my eyes gehad. Die skrywer daarvan was Jackie Haynes, as ek reg onthou.

Jackie kon toor met woorde. En ek is seker dat hy vandag bedroef sou wees om te weet dat ’n voorste Afrikaanse sepie – wat deur derduisende bruines gekyk word – nie aan versoeke wou voldoen om Adam Small op sy 75ste verjaarsdag eerskomende Woensdag te huldig nie.

Woordkuns het vir eeue bestaan – en sal lank nog bestaaan terwyl sepies stoei met nuwe gedagtes en storielyne.

Dink bietjie terug en watter sepie kan onthou word uit die vuis. Dit het my ’n tyd geneem om ’n paar se name te kry. En steeds sukkel ek om bevesting te kry.

Tog in woordkuns kan jy sommer vinnig name opnoem: Shakespeare, Wordsworth, Byron, Opperman, Van Wyk Louw, Langenhoven, Eybers, Jonker, Vondel om ’n paar te noem.

Die feit dat die sepie wat hier bespreek word nie juis iets oor Small wou doen nie, toon dalk dat ’n profeet nie in sy land vereer sal word nie.

Oom Adam verdien vele lofliedere. Die sepie sal beslis sterf. Oom Adam se werk sal altyd onthou en waardeer word. Sien Wikipedia.

Dit is juis te danke aan woord-struggle helde soos Anthony Wilson en Steward van Wyk dat Small se werk onthou sal word.

En dit is juis ’n voormalige ster van die sepie wat Small se werk uitstekend vertolk het. Wilna Snyman as Makiet in Kanna.

Of dit Joanie is. Of die Doemanie. Of dalk Map Jacobs …

Adam Small se werk sal voortleef.

Yuri

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top