Adam Small aanvaar die Hertzogprys

  • 0

In ’n skrywe aan die SA Akademie sê Adam Small dat hy die Akademie bedank vir die toekenning van die Hertzogprys en dat dit vir hom ’n voorreg is om die prys te aanvaar. 

Die toekenning is die afgelope tyd van oraloor verwelkom – veral vanuit skrywersgeledere is met waardering hiervan kennis geneem, hoewel baie wens dat die Akademie die toekenning al baie vroeër moes gemaak het. 

Die Akademie het die afgelope tyd kritiek verduur oor die feit dat hy sy eie reglement vir die toekenning van die Hertzogprys sou veronagsaam het. 

Prof. Jacques van der Elst                     
Hoof Uitvoerende Beampte                                
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Lees Michael le Cordeur se brief omtrent Nicol Stassen se gedagtes oor die toekenning van die prys..

Lees Nicol Stassen se repliek op Michael le Cordeur.
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top