"Absoluut" deur Wesley Conradie

  • 0

Absoluut

Almal wil superhelde wees
hul vuiste in die lug laat sweef
Gewapen en geklee
afgerond met ? oorlogskreet

REFREIN:
As jy die waarheid het
kan jy liefde ken
Jy kan net harte wen
as jy daarvoor veg

As die tyd kom en dis veg of vlug
Aangesig tot aangesig of ? koeël in die rug
Laat val die meeste van ons ? swaard
en hardloop weg soos 'n lafaard

BRUG:
Vergeet van maskers en mantels
vind eers uit hoe sterk jou hart is
Jy moet bereid wees om als te gee
as jy ? held wil wees

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top