
Virtuele Kunsgalery: Tom Cullberg
BRUNDYN+GONSALVES bied met trots ’n keur uit Tom Cullberg se abstrakte skilderye en omslagportrette vir die ABSA KKNK-kunsuitstalling aan.
Met hierdie salonmuur verken Cullberg die grensgebied tussen die tasbare en die ontasbare deur die kyker in staat te stel om sy abstrakte skilderye langs sy kenmerkende omslagportrette te sien. Ondanks die oënskynlik uiteenlopende elemente is dit ongetwyfeld ’n homogene groep kunswerke; die kombinasie van abstrakte werke en figuratiewe omslagportrette kom nooit onsamehangend voor nie. Die twee style span saam om groter reikwydte aan Cullberg se doelwit met sy skeppende werk te verleen.
Klik op die foto's hier onder vir vergrotings.
Verkope open 29 Maart 2013. Kontak Muriel Krige vir nog besonderhede: 073 294 6566. Aankoopvorms hier beskikbaar.
Gaan terug na die kunstenaarlys
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.



