ABSA KKNK 2013 Kuns: The Last of Us

  • 0

The Last of Us

Pauline Gutter
Solo-uitstalling

Die titel van Pauline Gutter se uitstalling, The Last of Us, in verhouding met die kragtige beeld van 'n renoster in een van die groter skilderye, konfronteer die kyker met die onheilspellende idee van bedreigde spesies – waar die bedreigde bestaan ??van 'n lewende wese die stryd om oorlewing van 'n geheelgroep of klas van sulke wesens op die rand van uitwissing, impliseer.

Renosters wat daagliks vir hul horings gedood word, is 'n alombekende onderwerp en ’n bewaringskwessie van ons tyd.  The Last of Us is egter met meer as slegs die voortbestaan ??van die renoster gemoeid. Die kunstenaar herinner hier aan 'n byna profetiese slagspreuk op 'n bufferplakker van die 1990's: “Save the rhino ... and a farmer". Die meeste van Gutter se werk word gewy aan 'n ??toenemend wyer begrip en interpretasie van die idee van ons daaglikse bestaan op die randjie van gevaar.

Hierdie blootstelling aan lewensbedreigende gevaar, die voorstelling van slagoffers in talle vorms, het 'n deurlopende kenmerk van die land, sy wesens en sy mense geword, en die wyer begrip en interpretasie is waarmee Gutter in The Last of Us eksperimenteer.

Haar pogings word gerig deur 'n beeldingryke begeerte om visueel te vertolk en dus die ervaring van vrees en kwesbaarheid, beeldvormig te deel. Die groot skildery met die beeld van 'n stootskraper daarop, speel metafories op Gutter se onopgesmukte benadering tot hierdie tema. Sy werk op grondvlak, na aan die aarde, in die vuil as’t ware, en skraap dan laag vir laag die growwe oppervlaktes weg om ten einde alles wat verborge lê te ontbloot.

'n Aantal van die werke in die uitstalling wat die ekspressiewe gesig van John Malkovich uitbeeld, is gebaseer op stilbeelde uit die film DisgraceDisgrace is die film-weergawe van JM Coetzee se Booker-prys-bekroonde roman met dieselfde titel van 1999. Die kunstenaar bou die tentoonstelling rondom 'n installasie van beelde van Malkovich se gesig uit die rolprent se mees hartverskeurende toneel waar hy as die hulpelose vader,magteloos toegesluit is in die plaashuis se toilet, terwyl sy dogter verkrag word.

Die landskapskilderye op die uitstalling dra ook 'n The Last of Us-boodskap oor. Hier gaan dit oor die agteruitgang van die land tot totale onsigbaarheid. In sommige van die werk ‘beweeg’ die kyker teen die spoed van 'n voertuig, terwyl vervalle mylpale ongemerk verbyflits. Vandag het ons 'n paar laaste vlietende indrukke van landelike gebiede, maar sien nie meer die landskap in werklikheid nie.

Die skilderye van ’n enkele oog is nie oë-portrette in die tradisionele sin nie, maar vang eerder die oomblik van vrees, of angs van die slagoffer of die prooi – mens of dier – in ’n magtelose situasie vas.

Dit is nie Pauline Gutter se voorneme om die toeskouers van haar werk met oë soos dié bang en vreesbevange te maak nie. Sy wil eerder hê dat die kyker aktief en verbeeldingryk by haar beelde betrokke moet raak – saam met haar in ’n baie menslike sin van weerloosheid, sorg en verantwoordelikheid deel. Die kyker is nie haar slagoffer nie, maar haar vennoot in die uitdaging van die kragte wat die voortbestaan ??en oorlewing in geregtigheid van diegene wat magteloos blootgestel en in gevaar is, bedreig.
 

“Disgrace 2”
“Disgrace 4”
“Disgrace 3”

 

Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat

Besoek die virtuele kunsgalery

Gaan terug na die kunstenaarlys

 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top