Absa KKNK 2012 ’n reuse-sukses

  • 0

Die agtiende Absa KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) het pas tot ? einde geloop en word as ? reuse artistieke én finansiële sukses beskryf.

Uitvoerende Hoof van die Absa KKNK, Brett Pyper, sê die bestuur van die fees is verheug dat die fees op verskillende vlakke as hoogs geslaagd beskryf kan word. “Vanjaar is ? meervlakkige fees beplan en aangebied en met totale verkope wat tien persent hoër is as verlede jaar, ondanks ? steeds uitdagende ekonomiese klimaat en hoë brandstofpryse, is ons baie gelukkig met hoe dit verloop het,” sê Pyper.

Meer as R9 miljoen se kaartjies is verkoop. “Die styging in verkope sluit in teaterproduksies sowel as premium-buitelugkonserte by die Huisgenoot Musiekplaas Aandverhoog, asook die Kaktus oppi Vlaktes rock-konsert.

“Dit is regtig verblydend dat daar ? styging in verkope op alle vlakke was. Kaktus oppi Vlaktes het goed gedoen in die eerste jaar terug en daar kan net in die toekoms daarop gebou word,” sê Pyper.

Volgens Pyper is daar ook kunswerke ter waarde van R454 000 verkoop, wat beduidend meer is as verlede jaar. “Dit dui op wesentlike groei in nóg ? komponent van ons kern kunste-aanbod.”

Besoeke aan die Rivierbuurt is ook twee persent hoër as verlede jaar. “Die Rivierbuurt, die feesterrein waar verskeie musiekverhoë asook die grootste aantal stalletjies gekonsentreer is, was ? miernes van bedrywighede en ? feestelike atmosfeer het vir die hele agt dae geheers.”

Die Kanna-toekennings, wat uitnemendheid in die Absa KKNK-program uitlig, vind op 6 Mei in die Kaap plaas.

Volgende jaar se fees vind van Saterdag 30 Maart tot Saterdag 6 April plaas.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top