Absa KKNK 2012: Kanna-nominasies

  • 1

Die Kannas, of Klein Karoo Oscars, gee erkenning aan produksies van uitstaande gehalte by die Absa KKNK. Werk wat verrassend en vernuwend is en die gehoor op die punte van hul stoele óf op hul voete het. Al die produksies op die amptelike feesprogram kom in aanmerking vir ’n Kanna en vanjaar is daar benoemings in tien kategorieë.

Elke kategorie het drie nominasies. Dit is dus reeds ’n fladderende veer in die onderskeie kunstenaars en produksies se hoed om genomineer te word. Die wenners word op Sondag 6 Mei aangekondig in die Mount Nelson-hotel in Kaapstad.

  • Kanna vir Beste Teateraanbieding

Babbel
Rooiland
Vagina Dentata – ’n Kabarett

  • Kanna vir Beste Akteur

Brendon Daniels in Babbel en Rooiland
Charlton George in Rooiland
Tobie Cronje in My vrou se man se vrou

  • Kanna vir Beste Aktrise

Amanda Strydom in Voor ek vergeet
Kim Cloete in Dit voel leeg as die hart vol is (maar nou’s dit all right!)
Tinarie van Wyk Loots in Babbel

  • Kanna vir Beste Regie

Basill Appolis vir My broetjie, my bra
Jaco Bouwer vir Rooiland
Nicola Hanekom vir Babbel

  • Kanna vir Beste Musiekproduksie

My broetjie, my bra
My land my lied
Vagina Dentata – ’n Kabarett

  • Kanna vir Beste Klassieke Musiekuitvoering

14 Stasies van die Kruis
Amore
Shanghai Brunch

  • Kanna vir Beste Visuele Kunsaanbieding

Fopspeen: Moving Pictures - Diek Grobler en span
Ik ben een Afrikander II - Teresa Lizamore (kurator)
Vrees en verlies - Katie Barnard du Toit

  • Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar

Christiaan Olwagen vir die regie van Vagina Dentata – ’n Kabarett
Marlo Minnaar vir sy spel in ... Af
Winand Grundling vir sy uitvoering van 14 Stasies van die kruis

  • Herrie Kanna vir Kopverskuiwende Werk

Babbel
Sandra Hanekom as kurator van Visuele Kunste
Vagina Dentata – ’n Kabarett

  • Kanna vir Beste Debuutwerk

Kanna vir Beste Debuutwerk, wat spesifiek kyk na produksies wat by vanjaar se Absa KKNK gedebuteer het. Hier is die kompetisie besonder straf, want 30 produksies oor verskillende genres kom hier in aanmerking. Die drie genomineerdes is:

14 Stasies van die kruis
Babbel
Vagina Dentata – ’n Kabarett

Die Afrikaans Onbeperk-toekenning vir Lewensbydrae word vanjaar toegeken aan Abraham H de Vries en die Afrikaans Onbeperk-toekenning vir ’n jong stem aan Ronelda S Kamfer. Louis van Niekerk ontvang die Spesiale Kanna vir vertolking.

Eervolle vermelding vir Emo Adams:

Op versoek van die Kannapaneel is daar vanjaar ’n eervolle vermelding. Emo Adams word uitgesonder as een van die gevestigde kunstenaars wat in verskeie produksies uitgeblink het.

Nicola Hanekom se toneelproduksie Babbel is vir ses Kanna-toekennings genomineer.

Die Kannapaneel moes bontstaan om by al die produksies uit te kom, die paneellede moes dikwels tot vyf verskillende produksies per dag inpas. As daar in ag geneem word dat die program 37 Toneelproduksies, 39 Musiekproduksies, twee Dansproduksies, vyf Kinderteaterproduksies, ses Woordkunsproduksies en 20 Visuele Kuns-uitstallings gebied het, raak die som nogal steierend, met ’n groottotaal van 109 verskillende items wat  elk ’n moontlike Kanna kan wen. Die paneel moes dus ’n magdom ure in die teater en in kunssale spandeer, met ’n gemiddeld van een uur per produksie, kyk ons na oor die 100 uur – of vier volle dae – se kyk en besin.

Vanjaar se Kannapaneel is Erns Grundling (sameroeper), David April, Charl Bezuidenhout, Willemien Brümmer, Chrisna du Preez, Eduard Greyling, Hylton Nel, Robert Pearce, Laetitia Pople, Pieter Redelinghuys, Martjie Roos, John Theodore, Wim Vorster, Hein Willemse en Celeste Williams. 

 

  • 1

Kommentaar

  • Ek het nou nog 'n geel-groen kol op my skeen, (was 'n knop en potblou) nadat die "appel handgranaat" van die twee soldaat broers my op die skeen getref het !  Askies aan die gene in die gehoor wat my luidkeelse uitlading moes aanhoor toe ek getref is! 

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top