"Aanvalsoen" deur Danie du Toit

  • 0

Aanvalsoen

Aanvalsoen moer deur die wolk
maak die aarde net weer warm
Jy plant ’n tuin op my
wat vrugte vol, vol sterre dra
Wat soms soveel blink
dat al die bure kla

Aijaijai, die liefde dié is
soos ’n leeukuil vir my
En ek bly in hierdie gat
en ek skree “Here, jy ken my hart
is dit dan nodig? Is dit dan nodig?”

Jou tong bewe meer
as my lippe probeer om rustig te lyk
Sê ek nou weer te veel
maar wat van daai deel
waar ek diamante van jou rug afsteel?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top