Aanskou Bidsprinkaan se maan | Behold Praying Mantis’s moon

  • 0

Persverklaring | Press release

(English below)

Aanskou Bidsprinkaan se maan: Betowerende volmaanpiekniek wink by Taalmonument

Met die nuwe jaar wat weer op ons is, is dit die perfekte tyd om asem te skep en die volmaan van nader te bekyk op ’n heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg. Daarom nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se vriendelike personeel almal hartlik uit om hierdie natuurlike verskynsel op Saterdag, 15 Januarie 2022, met hulle te vier.

Ter ondersteuning van die Sentrum vir Astronomiese Erfenis se projek om inheemse name vir volmane in Suider-Afrika te bevorder, word hierdie piekniek gewy aan Bidsprinkaan, ’n godsdienstige wese van die San-mense wat oorspronklik regoor Suid-Afrika gewoon het. In die San-tradisie was die bidsprinkaan ’n tipe bedrieër, /Kaggen, die een wat mislei. Met verloop van tyd het hy ook die Nguni-wese geword wat as uThikoloshi bekend staan.

Die pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én toeriste, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Gaste kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou en die monument, ’n simboolgelaaide beeldhouwerk sonder weerga, besigtig. Besoekers word ook aangemoedig om die omgewing en tydelike uitstallings te verken; daar is buitelugspeletjies en speelparke vir die kinders.

Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjies (geen glas) te bring of een vooraf by die ATM Koffiehuis via 082 216 2510 of mz@colegson.co.za te bestel – hierdie nuwe koffiewinkel sal ook spys en drank op die aand verskaf. Onthou ook warm klere en ’n flits, asook ’n masker. Sien taalmuseum.co.za/covid-19/ vir die spesifieke protokolle.

Toegang is R40 per volwassene, R10 vir SA studente en pensioenarisse, en gratis vir kinders onder 6 jaar asook jaarpermithouers. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek, en geen besprekings is nodig nie. Die piekniekreeks word aangebied ten bate van 'Laat ons Lees!', die Taalmuseum se geletterdheidsprojek vir kinders, en besoekers word versoek om ’n nuwe of tweedehandse kinderboek te skenk. Die volgende Volmaanpieknieks is op 18 Februarie en 18 Maart. Meer oor die Sentrum vir Astronomiese Erfenis by https://cfah.org.za.

Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Die Taalmonument en Taalmuseum is oop vir besoekers. Jaarpermitte kos R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit.


Behold Praying Mantis's moon: Dazzling full moon picnic beckons at Taalmonument

With the new year once again upon on us, it is the perfect time to catch your breath and take a closer look at the full moon on a glorious summer evening on the beautiful Paarl Mountain. One and all are thus invited to join the Afrikaans Language Museum and Monument’s (ATM’s) friendly staff to celebrate this natural phenomenon on Saturday, 15 January 2022.

In support of the Centre for Astronomical Heritage’s project to promote indigenous names for full moons in Southern Africa, this picnic is dedicated to Praying Mantis, a religious figure of the San people who originally lived all over South Africa. In the San tradition, the mantis was a trickster figure, /Kaggen, the one who deludes. Over time, he also became the Nguni creature known as uThikoloshi.

The picnics are very popular with local residents and tourists alike, who especially enjoy the sunsets and incredible night scenes. Guests can come anytime between 17:00 and 22:00, and have a look at the monument that is an exceptional, symbol-rich sculpture. Visitors are also encouraged to explore the gardens and temporary exhibitions; there are outdoor games and playgrounds for children.

Guests can bring their own picnic baskets (no glass) or pre-order one from the ATM Koffiehuis via 082 216 2510 or mz@colegson.co.za – this new coffee shop will also provide food and drinks on the evening. Dress warmly and bring a torch, and a mask. See taalmuseum.co.za/covid-19/ for the specific protocols.

Tickets are R40 per adult, R10 for SA students and free for children under 6 years and holders of annual permits. They are available from Computicket or at the gate, and no booking is required. The evenings are held in aid of 'Let's Read!', the Language Museum's literacy project for children, and visitors are encouraged to donate a new or second-hand children's book. The next Full Moon picnics are on 18 February and 18 March. More on the Centre for Astronomical Heritage at https://cfah.org.za.

For more information on all the other exciting events, concerts and courses at the Taalmonument, call 021 872 3441/863 0543, visit taalmonument.co.za or follow them on Facebook. The website also offers virtual tours of the monument and museum, information in six languages on the symbolism of the Taalmonument as well as many interesting articles on Afrikaans, multilingualism and the institution's past, present and future. There are also many resources for school and research projects. The Language Monument and Language Museum are open to visitors. Annual permits are available at R120 for individuals or R220 per family, which includes access to all Full Moon Picnics.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top