Aanmoediging vir Wouter

  • 0

Uit jou skrywes oor Pankaj Mishra wil-wil dit lyk asof jy begin om berou te betoon en te bieg oor jou totaal misplaaste en meestal lasterlike aannames oor Afrika en haar mense, mense soos ek bv ... en dis bemoedigend dat jy ten minste ’n bietjie eerlikheid aan die dag probeer aanwend in die verband, al is die poging duidelik nog in sy babaskoentjies, hoop mens onwillekeurig dat dit nie doodgebore is nie, as dit enigsins sin maak ... nie ...

Elk geval, ek dink nog ’n paar biegsessies is in orde voordat ek die poging enigsins sal vertrou as eerbaar, dan weer, mens moet seker nie al die briljante kleure van die reënboog miskyk opsoek na die pot goud aan die punt nie of hoe ...

Francois Williams

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top