Bladsy een van die soekresultate:
Wow, dis fantasties!
Ek weet nie watter een om te kies nie!
Uiteindelik my besluit geneem -
dit was nie maklik nie!
Gooi dit in my mandjie.
Submit.
'n Skerm vertoon:
Vul asseblief jou registrasie-inligting in.
Nou watter username sal ek kies?
Oukei, kom ons maak my username sommer PokkelPensie.
My password ... Onthou daar moet minstens agt karakters
in wees, maar dit mag nie nét letters wees nie.
Password: P0kk!e01.
Koel, dit werk!
Nou my persoonlike inligting!
Naam: Ockert
Van: Du Preez
Ouderdom: 35
Woonadres ( opsioneel ): los dit maar uit.
Posadres: Posbus 1234, Waarjywil, Suid-Afrika.
Merk die boksie om te sê jy verstaan die bepalings en voorwaardes.
Submit.
'n Skerm verskyn:
Welkom Ockert! Vul asseblief jou kredietkaartinligting in
en dan sal die proses voltooi wees.
Bank: Absa
Kredietkaartnommer: 1234 4567 890
Kredietkaart-CVV-nommer: 203
Bevestig al die besonderhede asseblief:
Prys: R20 000
Aflewering: Koerier - binne die volgende 14 werksdae.
Submit.
'n Skerm verskyn :
Baie dankie vir jou aankope Ockert!
Jou Russiese bruid is op pad.

