Aankoms by Berghuis

  • 0

(1 Januarie 2008, Rhodes, Oos-Kaap)

vroegoggend aangekom
deurnag gery laaste uitmergelende ure
oor die naudés se pas die stoere boere
het die pad oor die kontoere
te perd met penne uitgemeet
hou my oë oop al skuil die slaap
? skim wat my die nag in wil sus
ritme reënveërs en warm lug
uit die enjin se buik hou die voorruit
min of meer deurskynend kopligte soek
die slag die gate die draaie ry verby
strukture wat ek nie kan eien
as opstalle of bouvalle nie reën maak
die pad ? pappery die wiele gly te naby
aan die afgrond ek kan nie rem nie
ek sal verder gly kneukels op die stuurwiel
voete van pedaal na pedaal
los net alles kramp in my kuite
deur my rugstring my skouers
my skouers my skouers

maar nou is dit oggend ek is hier
ek is veilig die gewig lig
van my oë my kop haal asem
die koue skoon skoon lug diep in
die oggendmis die wolke trek oop
die son kom op ? iris ? pupil
vlieswolke ? ooglid wat stadig
agter die berg oopknip ? tonnel lig
in die dennelaning ruik die denne
ruik die bloekoms ou bene van bome
van ver lande en ek wat elke nou en dan
kom wortel skiet vir ? oogwink
die bome let nie eers op nie
die sandsteenposkantoor stuur nie eers
? telegraaf iewers heen om iemand
te laat weet nie hier tussen die kranse
by die rivier bokke en skape en koeie
wat lui loei tortelduiwe rek vlerke en tortel
? hadeda is bang hy val en skree
onbewus van almal wat nog slaap
met hulle deure en vensters oop
dis ? ander land in hierdie land
weggesteek tussen die berge
oor ? pas kom kruip ek weg
kom ruik ek die grond die reën

dan knars die sleutel die grendel
kraak die skarniere gooi die luike
die vensters oop die oggend
kom klits die muf uit die vertrekke
kom kaats silwer op die vloer
planke kraak ek was te lank weg
te lank lank vee mop skrop
dis lekker om tuis te wees
die plataan in die agtertuin
die wilde wingerd langs die kombuis
die kruie langs die drein
skud die dekens uit slaan
die stof uit die kussings die sofa
by die sonkamer se venster
vee die spinnerakke spookasem
voor die verestoffer se tong
my boekrak met vergete ou vriende
wat onder die stof wag ek’s hier
vriende ek’s hier!

hiérvan is ek deeglik bewus
julle koggel vergeefs – na ? week
sien ek die motte wat die matte vreet
die krake wat die mure breek

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top