"Aanhoudend jonk" deur Conrad Basson

  • 0

Aanhoudend jonk

Voortvlugtend voor die jare wat my jaag
Te oud om nog kind te wees
Te jonk om nou al te vergaan

Losbandig, oproerig, sorgeloos en vry
Haal die horlosie uit my hart uit
Maak my onbewus van tyd

Ek wil nie nou al nie
Ek wil nie nou al nie
In die spieël kyk
En my pa sien nie

Aanhoudend jonk, ’n gesig vol son
Versigtig vir die vloek
Van die ouderdom

Daar is nog tyd, nog geen vervaldatum
Op my drome
Enigiets is moontlik as ek my weer verbeel
Dit is somer

Ek wil nie nou al nie
Ek wil nie nou al nie
In die spieël kyk
En my pa sien nie

Aanhoudend jonk, ’n gesig vol son
Versigtig vir die vloek
Van die ouderdom

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top