Aan Sonia Griesel

  • 0

Daar is ’n groot verskil tussen die opsomming van die inhoud van ’n roman en die tematiese analise daarvan. Wat ek in my resensie van Sirkusboere gedoen het, was om aan te toon hoedat die verskillende gebeurtenisse en karakters in die roman van Sonja Loots met mekaar verband hou en gesamentlik daartoe bydra om ’n verskeidenheid fasette te belig van die boeiende, komplekse sentrale tema: die verwerking van die verlede. Die tematiese analise bevat alreeds ’n implisiete waarde-oordeel – dit dui aan hoe goed materiaal en tema met mekaar geïntegreer is.

Vervolgens het ek, in die 275 woorde wat Sonia Griesel so mooi getel het, aangedui hoedat die struktuur (sake soos die wisseling van fokus, die verstrengeling van tye, die meeslepende verteltrant) die tema op doeltreffende wyse kommunikeer. Hierop sou inderdaad verder uitgebrei kon word. Dus, indien dit nie duidelik genoeg in my resensie na vore gekom het nie, hiermee nog 29 woorde om my kommentaar aan te vul:

Ek dink Sirkusboere van Sonja Loots is ’n aangrypende roman oor ’n fassinerende stuk geskiedenis; grondig nagevors en meevoerend vertel. Dit is ’n belangrike toevoeging tot die Afrikaanse romankuns.

Chris van der Merwe

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top