Aan die manne (en vroue) gods

  • 4

Ek sien Kobus de Klerk en Dolf verwys altyd na aspekte van hulle geloof as sake gods. Hierdie aweregse taalgebruik verklap hulle argaïese verknogtheid aan uitgediende mites. Ek kom vandag op hierdie baie toepaslike aanhaling van Bertrand Russel af en kon nie anders as om aan die manne gods te dink nie.

“There is something feeble and a little contemptible about a man who cannot face the perils of life without the help of comfortable myths. Almost inevitably some part of him is aware that they are myths and that he believes them only because they are comforting. But he dare not face this thought! Moreover, since he is aware, however dimly, that his opinions are not rational, he becomes furious when they are disputed.”

? Bertrand Russell, Human Society in Ethics and Politics

Groetnis

Thomas

  • 4

Kommentaar

  • Thomas,

    Genugtig, Thomas dat jy in jou verdwaaldheid 'n ou aanhaal wat ook die volgende kwytgeraak het:

    "I would never die for my beliefs because I might be wrong"  - Bertrand Russel (1872-1970)

    Hy het in homself getwyfel en ek dink nie sy filosofeerdery het hom ver gebring nie - dit sal jou ook nie.

    Sterkte

    Dolf

  • Chris Dippenaar

    Dolf, Bertrand Russell was 'n pasifis en gekant teen veral die Eerste Wêreldoorlog. Die aanhaling hierbo verwys glad nie na godsdiens nie. Ek neem aan dat jy nie bewus was hiervan nie, anders sal dit mos beteken dat jy sy woorde oneerlik aanhaal?

  • Soos gewoonlik, dink Dolf net so ver as wat sy neus lank is. (Nie persoonlik nie - dis idiomaties!) Dolf, ek wed jou, jy sal nie wil sterf vir jou geloof in spoke nie. Jy twyfel dus ook in jouself, en jou filosofeerdery bring jou ook nie ver nie. 

  • Hi Chris,

    Hoeveel eerlikheid is daar by die aanhaling van ongelowiges/ateïste/agnostici uit die Bybel, die Woord van God, wat op hul beurt Hom nie ken nie, ware geloof nie begryp nie, geen begrip van die evangelie het nie en ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus nie verstaan nie? ... kan jy met eerlikheid sê?

    “Nobody talks so constantly about God as those who insist that there is no God” – Heywood Broun (1888 -1939).

    Hi Angus,

    Jy is weer verkeerd.

    Sterkte

    Dolf

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top