
Foto: Canva.com
Aan die ander kant van die debat
Aan die ander kant van die debat
Saterdag skoledebat.
tweede ronde
My ma se stem:
“Jou pa is dood”
Ek vlug na Facebook toe
R.I.P. Dad, skryf ek.
Die medelye vertroos my.
Derde ronde weer my ma:
“Jou pa het bygekom”
Lewe? Dood
’n debat wat net die dood kon wen:
My pa is dood.
My pa is dood.


Kommentaar
Felt this. Once again, brilliantly written.
Baie goed, meneer! Ek kan imagine hoe dit moet wees. Die Facebook-stukkie is so geskik vir die tye waarin ons lewe. Deesdae is die eerste reaksie van baie om 'n Facebook post te skep en vertroos te word deur die medelyende comments. Daai beeld wat u skep laat my diep dink. U is baie oplettend, soos 'n digter moet wees.
Wow this one went down to my soul... So very proud of you Jerome.
Diep kyk in diep lyding. Mooi.