Crito
Crito skryf:
Joan Hambidge skryf oor Nomade, deur Johann Lodewyk Marais. (Boeke24)
Een digter met ’n liefde vir reis bespreek ’n ander digter se reisbundel. Dit lewer ’n baie leesbare resensie. Wat my wel laat regop sit het, is iets wat met die resensie niks te make het nie, en waaroor Hambidge tereg niks sê nie. Hoekom verskyn die bundel nie by ’n hoofstroom poësie-uitgewer soos Protea nie? Hoekom het Marais hom gewend tot ’n trust wat die publikasie deur die pos bemark? Ek is seker alle jong digters neem kennis hiervan – Johann Lodewyk Marais is immers ’n gevestigde digter.
My raaiskoot is Johann Lodewyk skryf vining en ek dink hoofstroomuitgewers kom hom dalk nie onmiddellik geholpe wees nie. Dit bly 'n bundel wat die gehalte van die Cordis Trust verhoog.
Joan Hambidge

