Aan al julle tennis-fundi’s: Federer en die Australiese Ope

  • 0

Ek kyk hoe Fernando Gonzales met indrukwekkende kragtennis (wat Nadal altyd gebruik om sy opponente mee te klop) vir Nadal van die baan afvee. Ek geniet dit terdeë want ek hou al die jare niks van sy arrogante gesig nie. (Ek neem kennis dat Nadal 'n klei-spesialis is en hy nie op sy gunsteling oppervlak gespeel het nie.) Nadal het Gonzales dalk nog beter laat lyk, net soos Roddick vandag vir Federer gehelp het, deurdat hy 1 dimensioneel was. Gonzalez was glad nie getoets en onder druk geplaas deur iemand soos Federer nie.

Daarna speel my gunsteling, Rodger Federer, teen Robredo. (Nee, ek kies nie gerieflikheidshalwe die Nr 1 nie. Ek ondersteun bv glad nie vir Schumacher, Rossi en natuurlik vir Woods nie.)

Ek weet daar is veel meer in die spel as net om die bal so vinnig as moontlik oor die net tot in die verste hoek geslaan te kry (balplasing, afwisseling van verskillende tipe houe, ens) en moontlik het Federer net die nodige gedoen om te wen deur slim balplasing, maar na die geweldige spoed waarteen Gonzales die bal teen Nadal geslaan het, sou enige iemand wat Federer nie ken nie en hom daarna teen Robredo aanskou het, gedink het hy is glad nie in dieselfde liga as Gonzales nie. Die wedstryd is teen 'n heeltemal stadiger tempo gespeel, dit was eintlik 'n anti-klimaks.

En, ja, vandag toe klop Federer gelukkig vir A Roddick met die grootste gemak, en dit teen iemand wat die bal geweldig hard kan slaan.

En hopelik sien mens hoe Federer teen Haas of Gonzalez in die eindstryd wen en dan sien mens seker weer hoe hy, alhoewel hy self die bal geweldig hard kan slaan, met slim spel sy opponent oordonder en uit die spel uit haal.

Ek het 'n vraag, ek moet net daarby uitkom!

Sou dit onnosel wees om meegevoer te geraak het indien mens gesien het hoe Gonzalez teen Nadal gespeel het, en bogenoemde inaggenome, te wonder of hy nie goed gaan doen teen Federer nie?

En die gholf in Qatar met Retief wat voorloop, was dus ook lekker om te aanskou. Hoop hy hou dit daar.

Pieter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top