US Woordfeesprogram 2012: Aan de Braak-fees

  • 0
Aan de Braak-fees

Kabaret met Marlie Kock
Marlie Kock het groot indruk gemaak by 2011 se Aan de Braak Deurbraakfees. Dié belowende jong sangeres en aktrise verstaan die kuns om musiek suiwer af te wissel met humor en patos. Jy sal wil glimlag, saamsing en bietjie dieper dink oor die lewe.
5 Maart 20:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60

StraatKat Blues
Melanie Basson (alias StraatKat) sing haar eie Afrikaanse komposisies wat jou voete sal laat jeuk en jou hart sal roer. Dié nuweling vermeng jazz, blues en folk in ? groenvars styl. Sy word ondersteun deur Eldred Schilder (baskitaar) en Carlo Fabe (tromme). ? Katjie wat nie sonder handskoene aangepak moet word nie!
6 Maart 20:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60

LieSl Marx ontp(r)op
LieSl Marx op haar heel beste! Gestroop, eerlik en ontprop: net stem en klavier. Met nuwe liedjies uit haar eie pen. Daar is ook ? prop wat rondgegooi word – wie dit vang, mag ? ou gunsteling versoek en LieSl sing dit. Waarskuwing: jy sal nie ? prop op hierdie ‘show’ wil sit nie!
7 Maart 20:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60

Marika
Met hierdie kabaret neem die sensasionele Marika Reinke jou op ? emosionele mallemeule met stories oor haar lewe wat in ? ROMANZA ontaard het – by die Woordfees! Haar verwerkings van bekende nommers soos ‘Daar’s ? plek’, ‘My baby just cares for me’ en ‘Ek loop die pad’ sal jou laat smeek vir meer.
8 Maart 20:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60

Roepwoorde
Roepwoorde roep temas soos liefde, werk, sielkundiges, protes en bekering op. Met vlymskerp lirieke, meesleurende musiek en passievolle sang sorg Hanru Niemand en Frieda van den Heever vir ? sielservaring, ? ontdekkingsreis op die pad van groentjie na grysaard. 
10 Maart 20:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60

Ousus in die Groen Kamer
Voel jy alleen? Het niemand jou lief nie? Moenie moed opgee nie. Iemand gee om, iemand wil jou weer laat lag! Luister na Ousus. Met haar orkes sing sy al jou gunstelingtreffers in guitige, stuitige styl, soos ‘Kaptein’, ‘Rock daai Lyfie’ en ‘Jy soen my nie meer nie’. (So tussen ons: Ousus is Melissa van der Spuy, ? welbekende pianis, komponis en vervaardiger.)  Voorprogram:  Deurbraak-kunstenaars.
Woordfeeskunstenaars het gratis toegang tot Die Groen Kamer, waar hulle kan uitspan na ? lang dag. 
5, 6, 7, 8, 9 Maart | Aan de Braak Teater-kroeg | 22:30 tot laat | R100






Keer terug na die program-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top