Twee weke nadat die US Woordfees se kaartjieverkope by Computicket geopen het, lyk die topverkopers op 31 Januarie 2012 so. Klik op elke skakel vir meer inligting.
Skrywersfees
- Storievuur, met Johan Bakkes, Christiaan Bakkes, Gerrit Rautenbach, Ronelda Kamfer, Ulla Pakendorf en die Kaapse Affodille Dames Boereorkes.
- Baasspeurder Piet Byleveld, met Piet Byleveld en sy biograaf, Hanlie Retief.
- Die lewens van John Kannemeyer: ’n Huldigingsgesprek van die ontslape historikus en biograaf, met Louise Viljoen, Wium van Zyl, Hermann Giliomee en Dorothea van Zyl.
- Slaphakskeentjies: Dine van Zyl en Willem Botha praat oor Boerekos.
- Filosofie-kafee: Met Anton van Niekerk, Vasti Roodt, Johan Hattingh, Hannes Smit, Louise du Toit en Minka Woermann. Johan Degenaar is ook teenwoordig!

- Binnekamer met Amanda Strydom: Amanda is voor die mikrofoon, Janine Neethling agter die klavier en Deon Opperman in die agtergrond as skrywer en regisseur.
- Coenie de Villiers: Hart van glas - Maak jou reg vir vintage De Villiers met musiek en liriek wat grense verskuif.
- Romanz & Die Gugulethu Tenore: Iets vir die oog en die oor!
- 2 Blondes 2 Tango: Met Elna van der Merwe, Zorada Temmingh, Schalk Joubert, Mark Hoeben en Wilken Calitz.
- Spirito, ? unieke musiekproduksie gebaseer op Amerikaanse ‘spirituals’, vermeng met Afrikaans, Kaaps-Maleis en Afrika-tale. Met Zanne Stapelberg, Minette du Toit-Pearce, Tygerberg Kinderkoor, en ook die Solms Delta-orkes met Adriaan Brand en Les Javan.

- Mooi Maria met André Roothman, Isadora Verwey, Waldemar Schultz, Anthea Thompson, Theresa C. Sedras, Lille Goosen, Neels van Jaarsveld en Roeline Daneel.
- Nag Ma met Sandra Prinsloo en Antoinette Louw.
- My name/My naam is Ellen Pakkies met Vinette Ebrahim en Christo Davids.
- Dis koue kos, skat, Marita van der Vyver se treffer met Elzabé Zietsman.
- Vaselinetjie, Anoeschka von Meck se veelbekroonde blitsverkoper met o.a. Robbie Klay, Andrea Streso, David Louw, Ingrid Paulus, Theodore Jantjies, Elma Postma en Hugo Taljaard.

