Tolbos deur Irma Joubert: Inligting en boektoer

  • 0

Titel: Tolbos
Skrywer: Irma Joubert
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799364033

 

Koop Tolbos by Kalahari.com.

Beskrywing
Die tienjarige Katrien Neethling, kleindogter van Kate en Bernard uit Ver wink die Suiderkruis, hoor oor die radio die polisie skiet op betogende skoolkinders in Soweto. Gedurende dieselfde week in Pole word die vyftienjarige Wladek Kowalski, broerskind van Jakób Kowalski uit Tussen stasies, deel van ’n betoging teen Kommunisme.

Die gebeure vanaf Junie 1976 tot die einde van 1989, met  die val van Apartheid in Suid-Afrika en die val van Kommunisme in Pole, vorm die politieke agtergrond van hierdie roman. Beide karakters raak betrokke by ondergrondse bedrywighede teen hulle onderskeie regerings en hulle name verskyn op die rekords van die veiligheidspolisie in albei lande.

Bekende aspekte uit die tagtigerjare gee verdere geur aan die verhaal: verpligte diensplig, die noodtoestand en perssensuur, die Vrye Weekblad, Afrikaner jongmense se opstand teen die gesag van die Nasionale Party, die Broederbond, die kerk, die literatuur van die daardie jare: Die swerfjare van Poppie Nongena, Kanna hy kô hystoe, ’n Droë wit seisoen; en veral die alternatiewe Afrikaanse musiekgroepe en die Voëlvry-konserttoer.

Bo en behalwe die musikante wat deelneem aan die Alternatiewe Afrikaanse Beweging, ontmoet die leser ook bekende karakters soos Helen Zille, ’n jong joernalis by die Rand Daily Mail, en die enigmatiese Max du Preez in die deurmekaar kantore van die Vrye Weekblad.

Irma Joubert skryf oor mense. Haar romans lees so lekker, want hulle word deur die karakters gedryf.

Joubert se lesers sal dit dus nie vreemd vind dat Katrien en Wladek mekaar vind in hierdie omstuimige tye nie. Dit is onafwendbaar dat hierdie twee karakters aangetrokke tot mekaar sal wees, hoewel hulle uit twee wêrelde, twee taalgoepe en verskillende kulture en godsdienste kom. Die gedeelde passie is hulle vurige betrokkenheid by ’n rewolusie teen die bestaande orde. Die einde moet ’n triomf vir die mens se binneste wees, anders is dit nie ’n Irma Joubert-teks nie.

Die reeks
Tolbos is die derde boek in die trilogie wat bestaan uit Ver wink die Suiderkruis, die eerste boek, en Tussen stasies, die tweede boek. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is albei topverkopers. Albei is reeds in Nederlands vertaal. Tussen stasies word ook tans in Duits vertaal en HarperCollins gaan dit binnekort in Engels vertaal. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is ook voorgelees op RSG.

Irma Joubert skryf regte mense se stories. Sy fokus op die verhoudings tussen  geliefdes, gesinslede, familie,  vriende, vreemdes, asook die mens in sy verhouding met die gemeenskap, die natuur en die tyd waarin hy leef. Die skrywer slaag daarin om ’n tydvak, wat tot dusver in die Afrikaanse letterkunde hoofsaaklik met wroeging gepaard gegaan het, se sjarme en nostalgie vas te vang vir ’n nuwe generasie lesers.  

Die Skrywer
Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee (Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekondêre leerders) voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Sy het sedertdien as vryskut-joernalis verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte gepubliseer, is in 2005 aangewys as Media24 se “Spesialisjoernalis van die Jaar” en was ’n Mondi-finalis.

Tans skryf sy historiese romans, want geskiedenis is haar passie. Haar bekendste boeke is Verbode drif, Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies en die trilogie Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad wat by nb verskyn het.

In 2008 was Irma ’n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Prosa met Tussen stasies, en in 2010 wen Anderkant Pontenilo die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans. Sy was ook finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans met Kronkelpad in 2011.

Sy is al drie-en-veertig jaar lank getroud met Jan en woon in Bloemfontein. Hulle het drie volwasse seuns, ’n skoondogter, ’n pleegdogter en drie kleinkinders.

Irma se stokperdjies is lees en kook, veral buitelug kokerasies. Haar gunstelingvakansieplek is die boendoes: woestyn-boendoes, Transkei-boendoes, Bosveld-boendoes, eintlike enige Afrika-boendoes.

Irma Joubert Boektoer

Kom ontmoet vir Irma Joubert. Ons toer deur vyf provinsies.

Gauteng

Waverley Biblioteek

Graffiti Zamebezi Junction

Graffiti Lynnwood Bridge

Limpopo

Optrede: Painted Words

 

Oos-Kaap

Linkside Hoër, Port Elizabeth

  • 16 November
  • Irma Joubert en Chanette Paul
  • Navrae Mariza 082 940 1791 / marizaf.kumon@gmail.com; Karen 0846207323
  • Koste: R50

 

Vrystaat

Exclusive Books, Mimosa Mall, Bloemfontein

Wes-Kaap

Book Lounge

Protea Boekwinkel, Stellenbosch

Exclusive Books Canal Walk

  • 3 Desember
  • 11:00
  • Irma sal om 11:00 by die winkel wees om boeke te teken. Daar sal geen toesprake wees nie.
  • 11:00
  • Meer besonderhede: 021 555 3720
  • Gratis

Bargain Books Willowbridge

  • 3 Desember
  • 18:00 vir 18:30
  • Shop 8 Willowbrige North
  • 19 Tyger Valley Road, Carl Cronje Drive
  • Phone: 021 914 9035
  • Gratis

Wordsworth, Somerset-Wes

  • 4 Desember
  • 18:00 vir 18:30
  • RSVP: 021 852 5516 / somerset@wordsworth.co.za
  • Gratis

Stanford: Irma Joubert en Chanette Paul



 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top