Skryf in vir Oktober se Lekkerlit-boekkompetisie: Woutrine Theron se Dans met die rooi rok

  • 0


 

Titel:  Dans met die rooi rok
Skrywer:  Woutrine Theron
Kategorie: Fiksie/Spanning
Formaat: Sagteband: 129mm x 198mm  
ISBN: 9780799358285

Stilbaai in die Suid-Kaap is Karolien se bestemming. Soveel van haar jeugherinneringe – min daarvan soet – lê hier onder die sand en in die eeue oue visvywers begrawe.

Maar dit is nie waarna sy kom soek nie. Haar ma lê op sterwe. Karolien kom bloot afskeid neem; so goed sy kan. Of so het sy gedink. Want op die lange duur kry sy tydens haar kort verblyf in die skilderagtige dorpie antwoorde op vrae wat haar lewenslank agtervolg het.

Woutrine Theron se verhaal laat hom nie laat neersit voor die einde nie. Moord, verraad en ou liefde loop hand aan hand met selfontdekking in hierdie bittersoet roman.

Dans met die rooi rok is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Elke maand kan een leser R1 000 kontant wen deur op LAPA se Facebook-blad ’n maklike vraag oor die Lekkerlit-boek van die maand te beantwoord.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top