Sam – ’n ware verhaal van ’n dogtertjie en haar olifant

  • 0

Titel: Sam – ’n ware verhaal van ’n dogtertjie en haar olifant
Skrywer: Ingrid Vander Veken
Kategorie: Kinderfiksie (9+)
Formaat: Sagteband: 137 x 212 mm 
Bladsye: 128
ISBN: 9780799349771

My naam is Marthe. En hierdie is die ware verhaal van my en my olifant.

Marthe is ’n Franse meisie wat saam met haar ouers en haar sussie in China bly. Vir haar agtste verjaardag kry sy ’n ongewone geskenk – ’n baba-olifant! Sy naam is Sam en kort voor lank is die twee van hulle onafskeidbaar. Sam bly in die tuin en hy hou daarvan om saam mark toe te gaan, waar hy self vir hom geskilde piesangs koop. Maar op ’n dag gebeur daar iets wat alles verander ...

Hierdie boek is gegrond op die ware verhaal van ’n meisie wat meer as ’n eeu gelede met haar olifant van China na Frankryk moes reis.

Koop Sam by Kalahari.com of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top