Rate hom met Renata: Sports en Kinkel en Konkel

  • 0

 
Renata gesels (S)sports in hierdie episode van Rate hom met Renata. Daar is iets vir oud én jonk. Daar is kinkels en konkels, en 'n algemene kennis-vasvra oor oor tuindwerge.

Sports!
Produksiehuis: JaneeKyk Produksies
Skrywer en regisseur: Annemarie Hattingh
Met Elizna Vermeulen

Straat-sokker, wêreldbekers, Tim Noakes, Wimbledon, Nuweland, ping-pong op Olimpiese vlak, joga (in warm en in koue kamers), pretdraf, strek, rek en vrek – dis alles mos net sports! Annelina Steyn (Elizna Vermeulen) is terug, en dié keer is sy reg om te wen. Troos-pryse is nie ’n opsie nie.
7 Maart 20:30 | 8 Maart 16:00 | Klein Libertas Teater | 55min | R90

Kinkel en Konkel
Produksie: Janeekyk Produksies
Skrywer: Annemarie Hattingh en Elizna Vermeulen
Regisseur: Annemarie Hattingh
Met Annemarie Hattingh, Elizna Vermeulen en Mariechen Vosloo

Kinkel en Konkel is twee tuindwerge van Tuinebaai wat mal is daaroor om mooi tuin te maak. Saam met die res van die dorpie se kleurvolle karakters – van Burgemeester Blombak tot Inspekteur Tuinslang – is hulle reg vir nog ’n groot avontuur. In die proses neem hulle sommer die kleintjies in die gehoor prettig op sleeptou.
8 en 13 Maart 10:30 | Weltevreden | 45min | R55

Klik hier vir die volledige program van die US Woordfees 2015.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top