Klik op die boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.com!
|
|
Die ander vrou Kristel Loots ISBN: 9780799359374 Prys: R195 Sluit toe julle mans! Die ander vrou is op pad! Linda is die ander vrou, die oorwinnaar in die liefdesdriehoek. Maar is dit krake in haar huwelik wat reeds tydens die wittebrood wys? En wat gebeur as die kerk se berader, Makarios, haar hart nóg vinner laat klop? Linda stel nie belang in ’n verhouding nie, sy was lank genoeg die een oor wie geskinder is. Dié pittige roman vorm ’n tweeluik met Eendagmooi, waarin die versaakte vrou se verhaal vertel word. Fanus is skynbaar steeds lief vir sy vrou van Eendagmooi, en Linda kan glad nie hierdie moderne familieverbintenisse kleinkry nie. Modern, snaaks en tóg pitkos, dís hoe Die ander vrou opgesom kan word. Die ander vrou is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
Die Stilte in myself Dit is ’n boek wat op treffende wyse die intimiteit, wysheid en die enigmatiese spektrum van emosies van vroue uitbeeld; van die jong meisie wat met ’n rooi mond die wêreld uitdaag, tot die misterie van ’n vrou wat agter ’n masker skuil; van die vrou wat vir die voetstap van haar minnaar wag, tot die aartsmoeder wat haar verbonde voel aan die aarde, en die hemel. Die stilte in myself is ’n boek wat die leser deurgaans laat wonder of ’n vrou werklik ’n vrou is, of dalk ’n engel? Die stilte in myself is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Understanding Africa Starting eight million years ago, Understanding Africa provides an accurate and detailed account of the natural, political and social forces that have created the Africa we know today and which have shaped the continent’s destiny through the ages. Understanding Africa is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Selna Visser: My Hel in Dubai Selna Visser wou ’n vreemdeling se horlosie, wat hy by die X-straal skandeerder op Dubai se lughawe vergeet het, aan hom terugbesorg. Vir haar moeite het sy egter byna ’n maand in aanhouding in hierdie Arabiese land deurgebring. Hier tel buitelanders min, en vroue nog minder – en sy was albei. Die boek vertel egter nie net die verhaal van haar tyd agter tralies in die vreemde nie, maar ook van haar stryd teen kanker en die besluite daarna wat haar op daardie noodlotsdag in ’n ver land laat beland het. Selna se verhaal is nie ’n treurmare nie – dis eerder ’n triomf wat wys hoe sterk die menslike gees kan wees, hoe geloof ’n mens kan staande hou en hoe selfs volslae vreemdelinge ’n mens se lewe ten goede kan raak. Selna Visser: My Hel in Dubai is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Nova: Sterreloper Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Lucas ken die Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale. Maar wie is die geheimsinnige Sterreloper wat gereeld vir hom boodskappe stuur? Wat beteken die vreemde visioen wat hy in sy broer se oë gesien het? En waarom wil die grootkoppe van Nova-eenheid hom en sy vriende skielik met vakansie see toe stuur? Kan hulle werklik die vrede vertrou? Nova: Sterreloper is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante Zackie en Vincent kan nie wag om te gaan kamp nie. Hulle gaan hope avonture hê. Maar van die begin af loop dinge skeef. Iemand hou aan om simpel poetse te bak. En boonop word daar stories vertel oor ’n nare gedaante wat in die bosse by die kampterrein rondsluip ... Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Onpeilbare vreemdeling Zoë Landman se verfkontrak bring haar in aanraking met Alan Alexander, wat oral opduik waar sy is. Zoë voel hul wêrelde verskil te veel, maar Alan laat hom nie daardeur onderkry nie. Onpeilbare vreemdeling is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Diamant uit Afrika Matilda het die ekspedisie na Angola se diamantmyne haarfyn uitgewerk. Niks sou verkeerd gaan nie. Totdat rebelle hulle ontvoer en die enigmatiese Roald Young nog boonop haar hart én lewe omverwerp. Diamant uit Afrika is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Brug van harte Kolgabaai verteenwoordig alles waarvan Mariek Vermeer ’n afkeer het en dokter Leendert Kolver is ’n ongepoetste man. Sy sou nooit kon droom dié plek en sy mense kan vir haar genesing bring nie. Brug van harte is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Kasteelbruid Tanja Vermeer het Suid-Afrika toe gekom om ’n vreemdeling se vrou te word weens onoorkombare probleme. Die man wat haar op die lughawe kom haal, is egter allesbehalwe wat sy verwag het. Kasteelbruid is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter











