Klik op die boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
|
Loorita se Griekse voorskoot Dirk en Reinet Nagtegaal ISBN: 9780799356502 Prys: R190 Loorita se Griekse voorskoot Loorita het in Reinet en Dirk Nagtegaal se besige lewe ingestap en sonder enige omhaal hulle lewe van kantoor tot kombuis begin herorganiseer. Saam het die drie ’n passie vir kook gedeel, met die voorneme om eendag wanneer hulle aftree, saam aan ’n kookboek te werk - ‘n kookboek met al die disse wat Loorieta die Nagtegaals op Melkbosstrand leer kook het. Haar resepte was meestal Grieks geïnspireerd, met ’n duidelik Suid-Afrikaanse geur. En die rede? Sy het haar hart vroeg-vroeg op ’n Griek verloor en oor die jare het sy selfs ’n groter Griek geword as hy. Die resepte hierin is enersyds die wat die Nagtegaals saam met Loorita in hul kombuis leer kook het, en dan is daar die wat hulle uit Griekeland saamgebring en tot Suid-Afrikaanse weergawes verwerk het. Loorita se Griekse voorskoot is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
Onvertelde stories van Afrikaans Onvertelde stories van Afrikaans Wat op aarde kan ’n Georgiese prins en ’n tagtigjare Topnaar-oom uit die dorre Namibwoestyn met mekaar gemeen hê? Of ’n hedendaagse plaaswerker uit die Karoo met ’n Italiaanse sywurmboer van twee eeue gelede? En waar pas die riel, swart Afrikaners en Boesmans in? Om nie eens te praat van die Duitse weeskinders van 1948 nie. Of die tannies van Touwsranten in die berge naby Wildernis, en die Rehoboth Basters van die vlaktes van Namibië. Al hierdie mense het heeltemal niks met mekaar gemeen nie. Behalwe natuurlik Afrikaans. Party is Afrikaans gebore, party moes Afrikaans word om te kan oorleef. Met hierdie boek wil Ilse Salzwedel stukkies van die onvertelde geskiedenis van Afrikaans help bewaar. En wys dat Afrikaans ’n taal is waarin mense van alle kleure kan lag en huil, sing en dans, oorlog maak, vrede maak, oorleef en, veral, lééf. Onvertelde stories van Afrikaans is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
|
Onkant Onkant Kayla is moeg vir al die praatjies by die skool. Dit voel al asof dit op haar voorkop geskryf staan: "Pa het werk verloor. Finansiële probleme. Moes huis verhuur. Woon nou in woonstel bokant die Spar." En dan is daar die ding met Coach. Haar hokkieafrigter maak haar deesdae ongemaklik, met die manier hoe hy na haar kyk en die dinge wat hy sê. Maar sê nou niemand glo haar as sy vertel wat aan die gang is nie? Boonop lyk dit of Emile, sexy, gewilde Emile wat haar altyd so goed laat voel het, skielik al hoe meer afsydig teenoor haar is. Wat op aarde doen ’n mens as dit voel of jy hele lewe besig is om uit te rafel? Onkant is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Dieper as die bloed Dieper as die bloed Dieper as die bloed is ’n verwerking en samevoeging van twee van die skrywer se vroeëre boeke: Die reuk van rose (1995) en Dieper as die bloed (1996). Thys Krige sou kon deurgaan vir eksentriek. Daar is ’n vrou, ja, maar dié is buite sy bereik. Sy enigste geselskap is sy twee Jack Russells daar in sy huis met baie glas en hout, omring deur bome teen die Magaliesberg se noordelike hang. Sy missie in die polisie se speurafdeling het sy oorsprong in die moord op sy pa vyftien jaar gelede. Die reeksmoordenaar wie se gruweldade hy nou ondersoek, laat onder andere ’n wit roos op die slagoffer se bors. En die slagoffer se oë ... Nou ja, niemand het gesê ’n reeksmoordenaar laat die moordtoneel netjies agter nie. Die moordenaar doen ook nie veel moeite om hom te vermom vir die sekuriteitskameras in die gebou waar hy sy eerste moord uitvoer nie. As dit ’n “hy” is, bygesê. Uiteindelik vind Krige die moordenaar. Maar dit is nie die einde van hierdie saak nie. Dieper as die bloed is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
Dans met die rooi rok Dans met die rooi rok Stilbaai in die Suid-Kaap is Karolien se bestemming. Soveel van haar jeugherinneringe – min daarvan soet – lê hier onder die sand en in die eeue oue visvywers begrawe. Maar dit is nie waarna sy kom soek nie. Haar ma lê op sterwe. Karolien kom bloot afskeid neem; so goed sy kan. Of so het sy gedink. Want op die lange duur kry sy tydens haar kort verblyf in die skilderagtige dorpie antwoorde op vrae wat haar lewenslank agtervolg het. Woutrine Theron se verhaal laat hom nie laat neersit voor die einde nie. Moord, verraad en ou liefde loop hand aan hand met selfontdekking in hierdie bittersoet roman. Dans met die rooi rok is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |






