Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
|
Fleur Chanette Paul ISBN: 978 0 7993 5154 5 Prys: R165,00 Die Davelvroue: Fleur Fleur (1938), ’n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van ’n verwaarloosde wynplaas en ’n groot hoop skuld. Sy weet maar min van wynmaak en weet niks van wingerde nie. Maar dan arriveer Christiaan Davel in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn en laat haar hart skoon op galop gaan – maar hy is ’n Transvaler en boonop lief vir iemand anders. Fleur is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
Die Naaimasjien ’n Terugflits aan die dae van kouse met nate en melk in glasbottels Hierdie eenvrouvertoning lei ons met deernis, humor en wysheid deur die lewe van die 81-jarige Magdaleen, op die dag waarop haar geliefde naaimasjien verkoop word. In haar ouetehuiskamer maak Magdaleen seker Miss Muffet, soos sy haar Bernina noem, is skoon en al die ekstra gare, naalde en voetjies is netjies gepak vir die vrou wat die masjien kom haal. Tussen die skoonmakery en pakkery deur dink sy terug aan vervloë dae: dae van kouse met nate, melk wat in glasbottels afgelewer word, ’n kinderlewe op die plaas. Die Naaimasjien is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Donker Leuens ’n Web van spanning, aksie en donker leuens Wie was betrokke by die verdwyning van die wetenskaplike Stefan De Villiers en sy navorsingsresultate? Net drie mense weet presies wat gebeur het, en húlle span nou saam om die skuldiges in die komplot vas te trek. Donker leuens is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Ek sou kon doen met ’n pampoen Ek sou kon doen met ’n pampoen Die pragboek met meer as 180 resepte fokus op pampoen as hoofbestanddeel. Van koue botterskorsie-en-peppadew-sop tot unieke pekanneut-pampoenfudge, is díe interessante boek ’n uitstekende geskenk en ’n moet-hê op die kosmaak-entoesias se rak. Die resepte is in die volgende kategorieë ingedeel:
Ek sou kon doen met ’n pampoen is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |
|
|
Sexy Medisyne Sexy medisyne ’n Sprankelende, populêr-wetenskaplike publikasie sonder gelyke. Dr. Mödler, ’n bekende Kaapse mediese spesialis, ken die mediese wetenskap op die punte van sy vingers – net soos wat hy die aweregse, weerlose aard van mense ken. Daarom skryf hy met gesag en humor oor mense en medisyne. Sy sketse is uiters toeganklik en die onderwerpe so divers dat dit in die smaak van uiteenlopende lesers val, ongeag ouderdom of geslag. Sexy Medisyne is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. |






