'n Cowboy en 'n groot liefde: lees dié boeke van LAPA Uitgewers

  • 0

 

Uitgewer:
LAPA Uitgewers
ISBN:
 9780799349405

Cowboy Koekemoer Van Die Klein Karoo
Henry Ferreira

Doer ver op die horison kom ’n stofstreep oor die vlakte nader. Die stofstreep word ’n stofwolk wat vinnig groei en al hoe groter en groter word. Dit is niemand anders nie as Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo wat op sy getroue kameelperd, Shorty, daar aangery kom!

 

 

 

 

 

 

Klik hier en koop jou eksemplaar van Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo nou van LAPA Uitgewers!

 

 

Uitgewer:
LAPA Uitgewers
ISBN:
 9780799354966

Ek was hier
Nanette van Rooyen

Frankie se gesin is anders. Haar pa kom van Vlaandere, lyk soos Atilla die Hun, en hy praat nog steeds Nederlands – en soms ’n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met ’n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel.

En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry. Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Hy is ’n wiskunde-onderwyser met ’n swartraambril en ’n strikdas. Min mense sal vermoed dat hy ’n swart gordel in judo het. En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan – is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Ek was hier nou van LAPA Uitgewers!

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top