witwyn kwatryn
hei katryn van die wingerd so geel dat jy wit is
vol geure gelieg né jy bevonkel my skuif
ko’s lê later in die boeket saam mos ’n eiland in thailand is dit
hoesê later se los etiket man dis net ’n vyfde reël
aan die wa en vrank en lospit glip sy uit die druif

