Flikker: Midnight in Paris sorg vir grinnik op grinnik

  • 0


Midnight in Paris
Regisseur: Woody Allen
Rolverdeling: Owen Wilson, Rachel McAdams, Marion Cotillard, Carla Bruni, Adrien Brody, Kathy Bates

 

As al die somber voorspellings vir 2012 jou so vroeg in die jaar begin onderkry, bied hierdie fliek die heerlikste ontvlugting. Dis lig en vergeetbaar, maar dis so stylvol, so móói. En dit speel in pragtige Parys af!

Gil (Owen Wilson) is ’n Hollywood-draaiboekskrywer wat daarvan droom om ’n ernstige roman te skryf. Sy verloofde (Rachel McAdams) stel egter net in geld en goed belang en deel glad nie sy romantiese idees oor Parys in die 1920’s nie. Met ’n prettige tydtruuk beland Gil om middernag in ou Parys, waar hy skrywers soos F Scott Fitzgerald, Ernest Hemingway en Gertrude Stein ontmoet, sowel as kunstenaars soos Picasso en Dali. Daar is ook ’n pragtige Franse vrou (Marion Cotillard) wat hom trek soos ’n magneet ...

Met hierdie fliek leef Woody Allen hom terdeë uit met allerhande literêre grappies wat sorg vir grinnik op grinnik.

 

 

   

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top