LitNet-leeskeuses: Vrydag 15 Maart 2013

  • 0

Johann Lodewyk Marais resenseer Susan Smith se In die afwesigheid van sin. (Rapport)

Het jy al kans gekry om na die Franschhoekse letterkundefees-program te kyk? Dié opwindende program is oorwegend Engels, maar met skrywers soos Njabulo Ndebele, Lauren Beukes, Sydda Essop, Isobel Dixon en die pas-bekroonde Man Asian Literêrepryswenner Tan Twan Eng kan jy dit nie misloop nie! Die Afrikaanse skrywers Ingrid Winterbach, Eben Venter en ­Carel van der Merwe gaan ook by die fees oor die Engelse vertaling van hulle werke gesels.

Tan Twan Eng gesels met The Huffington Post oor sy boek The Garden of Evening Mists en die Man Asia-prys wat hy hierdie week gewen het.

Boeke24 het 'n 2011-onderhoud van Marissa Fockema met Elsa Joubert weer gepubliseer, nadat die Elsa Joubert Profiel-praatjie by vanjaar se US Woordfees een van die gewildste items was. Elsa Joubert kon nie die praatjie bywoon nie, maar haar seun,  Nico, was daar om saam met André P Brink en Annari van der Merwe hulde aan haar te bring.

New Statesman het ou resensies van die 1920’s gaan uitgrawe. Ons wonder of die resensente nog lewe? Lees die resensies hier en kyk hoe resensente destyds oor dié boeke gevoel het: Virginia Woolf se To the Lighthouse, F Scott Fitzgerald se The Great Gatsby en George Orwell se Nineteen Eighty-Four.

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top