TT Cloete gesels met Carina Stander oor sy literêre-kredo-boek, Die Ander Een is Ek: “Om te skryf, is om bewus te raak. Dit was vir my, amper ironies, bevrydend om daarvan bewus te raak dat pyn kreatief kan wees. En dat skryf oorlewing is.” (Die Burger)
'n Groep skrywers en uitgewers het 'n nuwe kompetisie gestig nadat hewige debatte oor die geloofwaardigheid van die 44 jaar oue Booker-prys ontstaan het. Die nuwe Folio-prys-komitee wil weer die aandag op “ernstige skrywers” plaas en die Booker-prys teenstaan. Die eerste toekenning sal in Maart 2014 plaasvind en die prysgeld beloop 40 000 pond (net 10 000 pond minder as die Booker-prys). (Huffington Post)
Elizabeth de Villiers resenseer No! I Don’t Need Reading Glasses!,'n boek vol wyshede oor die ouderdom. (Rapport)
Om self 'n boek te publiseer is nie so maklik nie, skryf Carié Maas in 'n interessante vertelling van die selfgepubliseerde Van Rensburgs. (Rapport)
Madri Victor resenseer Die Afreis van Abel Lotz deur Chris Karsten. (Maandblad Zuid-Afrika)
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

